Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘AfriForum wys NVG was reg om nié in dié saak te vervolg’

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) sê die feit dat AfriForum nie suksesvol was in sy private vervolging van ’n oupa wat na bewering sy kleinkind verkrag en seksueel aangerand het nie, is ’n bewys daarvan dat die NVG uit die staanspoor reg was om nié vervolging in te stel nie.

Adv. Gerrie NelFoto: Deaan Vivier

AfriForum sê in sy reaksie hy word deur ’n hofbevel gekeer om oor die saak te praat.

Die NVG sê in ’n verklaring nadat hy besluit het om nie die oupa te vervolg nie, het AfriForum op 21 Maart aangekondig dat hy private vervolging sal instel.

Die NVG het aan AfriForum ’n nolle prosequi-sertifikaat uitgereik waarin hy aandui dat hy besluit het om nie te vervolg nie.

Só ’n sertifikaat is ’n vereiste vir die instelling van private vervolging.

Dit het die kind se ma in staat gestel om strafregtelike klagte teen die oupa in te stel.

AfriForum se adv. Gerrie Nel, hoof van dié organisasie se private vervolgingseenheid, en adv. Phyllis Vorster sou namens die ma met strafregtelike optrede begin.

Die verdagte is gedagvaar en hy moes op 13 Maart in die streekhof in Pretoria verskyn.

“Die NVG het intussen vasgestel AfriForum het die saak op 12 September teruggetrek en aangevoer hy doen dit omdat die ma nie met die vervolging wou voortgaan nie.”

Die NVG sê hy het aanvanklik besluit om nie te vervolg omdat daar geen kans op ’n suksesvolle vervolging was nie. Daar was nie genoegsame bewyse in die dossier nie.

Die NVG sê in sy verklaring die direkteur van nasionale vervolging (adv. Shamila Batohi) meen AfriForum het dieselfde uitdaging gehad.

Dit wys die NVG was reg met sy aanvanklike besluit.

* Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het die NVG se verklaring Maandagmiddag as “vyandig” beskryf.

“AfriForum sou graag duidelik wou uitwys hoe die strafregstelsel hierdie slagoffer onomkeerbaar gefaal en die redes daarvoor gegee het, maar die NVG weet AfriForum word deur ’n hofbevel verbied om oor die saak te praat.”

Meer oor:  Afriforum  |  Nvg  |  Kallie Kriel  |  Gerrie Nel  |  Private Vervolging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.