Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Afslaer ontken skuld aan trust

Sy maatskappy skuld nie aan ’n trust geld nie en daar is geen rede hoekom ’n deposito van dié trust terugbetaal moet word nie, sê die bekende Bloemfonteinse afslaer Johnny Bateman van Brocor in ’n hofverklaring.

’n Aansoek van die Akuna Mathatha-trust dat die maatskappy Cherangani Trade & Invest 113 weer op die register van maatskappye geplaas moet word, is in die Vrystaatse hooggeregshof toegestaan.

Die trust wil R307 800 van die maatskappy verhaal.

Luidens die hofbevel is al die bates en laste van die maatskappy weer aan hom oorgedra en is alle partye wat by die maatskappy betrokke was voor sy deregistrasie, weer in hul posisies teruggeplaas.

Bateman het aansoek gedoen dat die Bateman-familietrust en die Lisie-trust ook as partye gevoeg word in Akuna Mathatha se aansoek, omdat hulle ’n direkte belang het en 66% van die aandele in Cherangani Trade & Invest 113 gehou het.

Bateman sê in sy verklaring dat hy nooit aan Nicolaas Swanepoel, ’n trustee van Akuna Mathatha, gesê het dat hy die deposito sou terugbetaal nie.

Hy en die maatskappy het juis verskeie keer vir Swanepoel gesê dat sy eis vir die deposito geen meriete het nie en dat daar geen rede is om dit terug te betaal nie.

Akuna Mathatha het in 2011 die plaas Greece by Bloemfontein deur Cherangani Trade & Invest 113 (handeldrywend as Brocor-afslaers) vir R2,7 miljoen gekoop.

Luidens Swanepoel se verklaring het dit later geblyk die plaas het nie sake-regte, soos in die onderhandelings voorgegee is nie.

Die trust het die koop gekanselleer en sy deposito van R307 800 van Cherangani Trade & Invest 113 teruggeëis.

Swanepoel het ook beweer dat dié maatskappy nie oor die nodige getrouheidsfondssertifikaat van eiendomsagente beskik het toe die transaksie beklink is nie.

In Bateman se aansoekstukke is ’n dokument aangeheg dat hy (Bateman) wel daardie tyd oor só ’n sertifikaat beskik het.

Meer oor:  Hof  |  Trust
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.