Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Afspraakmoorde: Cecilia word verder gekruisondervra

Cecilia Steyn (37), blykbaar ’n selferkende heks, weerwolf en vampier, sal Woensdag verder deur die staat kruisondervra word.

Cecilia Steyn
Cecilia Steyn Dinsdag in die getuiebank. Foto: Felix Dlangamandla

Dié vermeende meesterbrein staan saam met Zak Valentine (34) en Marcel Steyn (21) tereg op 11 moorde en ’n rits klagte wat daarmee verband hou, soos die bedryf van ’n onderneming wat gemoor het om geld te bekom. Cecilia het Dinsdag betrokkenheid by al die moorde en gepaardgaande misdrywe ontken en ook ontken dat sy ooit by satanisme betrokke was, buiten dat sy haar op skool by die goths geskaar het.

Sy het verder getuig dat sy behandeling vir dissosiatiewe identiteitsversteuring (DID) ontvang het. Cecilia het volgehou dat daar nooit ’n onderneming of bediening met die naam Electus per Deus bestaan het nie, selfs nadat adv. Amanda Nel, wat namens Valentine optree, Marinda Steyn (52) se pleitooreenkoms aan haar voorgehou het.

In dié pleit erken Marinda dat sy die bestuurder van sodanige onderneming was. Marinda is in Mei 11 lewenslange vonnisse (wat saamlopend uitgedien word) plus nóg 115 jaar vir haar aandeel in die Krugersdorp-moordsaak opgelê. Sy gaan na verwagting ook vandeesweek vir Cecilia getuig.

Die staat voer aan die moorde het begin nadat Cecilia en Ria Grunewald, leier van die Christelike bediening Overcomers through Christ, se vriendskap versuur het. Cecilia het volgens vorige getuies by dié bediening aangesluit omdat sy glo uit die greep van satanisme wou loskom.

Cecilia het Maandag telkens vingers na Grunewald gewys en ontken dat Grunewald haar jare aaneen oor Cecilia ontferm het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.