Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Afspraakmoorde: ‘Ek wou my kop wegblaas met dwelms’

Le Roux Steyn (22) het probeer om sy kop “met dwelms weg te blaas” so “traumaties” was sy omstandighede.

Le Roux is ’n staatsgetuie in die saak teen Cecilia Steyn (37), Marcel Steyn (20) (sy suster) en Zak Valentine (34).

Hulle staan in die hooggeregshof in Johannesburg tereg vir die sogenaamde Krugersdorp-afspraakmoorde.

Zak Valentine, Cecilia Steyn en Marcel Steyn, Vrydag in die hooggeregshof in Johannesburg.Foto: Jana Marx

Volgens Le Roux het hy meestal “crystal meth” (tik) gerook.

“ ’n Pak crystal van R200 hou jou die hele dag. Dit gee jou energie, maak jou meer bewus en onderdruk jou eetlus. Die goed gee jou ’n ‘plug’. Jy kan enigiets doen wat nie groot besluitneming verg nie,” het hy getuig.

Volgens Le Roux hou só ’n pakkie tussen die groeplede net vyf minute.

Adv. André Coetzer het namens Cecilia gevra of dié dwelmmisbruik nie gate in Le Roux se getuienis kon veroorsaak nie.

“Dié goed is traumaties. As jy in sulke omstandighede woon, onthou jy elke liewe ding, maak nie saak watter dwelm jy gebruik nie. Ek het probeer om my kop weg te blaas met dwelms, maar dit het nie gewerk nie.”

Le Roux het vroeër getuig hoe hy en ander in opdrag van Cecilia moord gepleeg het.

Volgens Le Roux het die hele groep dwelms gebruik, wat ook Cat en dagga insluit.

Coetzer het gesê Cecilia sal ontken dat sy ooit dwelms gebruik het.

“Sy jok. Die eerste lyn crystal wat ek gebruik het, was saam met haar,” sê Le Roux.

Volgens Le Roux het sy ma, Marinda (52) dagga op hul woonstel se balkon in die Cosanna-woonstelblok gekweek.

Meer oor:  Marcel Steyn  |  Zak Valentine  |  Cecilia Steyn  |  Le Roux Steyn  |  Krugersdorp  |  Hofsaak  |  Afspraakmoorde  |  Getuienis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.