Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Marinda kry 11 keer lewenslank plus nog 115 jaar

Marinda Steyn (51), vriendin van die vermeende baasbrein agter die sogenaamde Krugersdorp afspraakmoorde, is  is gevonnis tot 11 keer lewenslank en nog 115 jaar.

Marinda Steyn gaan lewenslank tronk toe vir haar aandeel in die sogenaamde Krugersdorp-afspraakmoorde. Foto: Felix Dlangamandla

Sy het Woensdagoggend in die hooggeregshof in Johannesburg skuld beken op feitlik al die aanklagte teen haar. Dit sluit in moord, rampokkery, aanranding met die doel om ernstig te beseer en die onwettige besit van ’n vuurwapen.

Sy het skuldig gepleit, kort nadat haar seun Le Roux (22), tot 25 jaar effektiewe tronkstraf gevonnis is. Hy het onder meer skuld beken op sewe moorde en word nou ’n staatsgetuie.

Die twee veroordeelde moordenaars het afgestaan en die verhoor van Cecilia Steyn (36), die vermeende baasbrein, asook Zak Valentine (32) en Marinda se dogter, Marcel Steyn (19), hervat op 8 Oktober.

Die vyf beskuldigdes het verskyn op aanklagte wat verband hou met 11 moorde sedert 2012 tot 2016.

John Barnard (42), die sesde beskuldigde dien reeds sedert 2016 tronkstraf van 20 jaar uit op voorwaarde dat hy teen sy medebeskuldigdes getuig. Hy het skuld beken op 13 aanklagte wat wissel van roof tot moord.

Meer oor:  Marinda Steyn  |  Krugersdorp  |  Gevonnis  |  Afspraakmoorde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.