Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Afspraakmoorde: 'Satansgroep eintlik net vriende'

Die Krugersdorpse “Christelike bediening” Electus per Deus was “net ’n groep vriende”, het die hooggeregshof in Johannesburg Vrydag gehoor.

Dié groep word betrek by die 11 sogenaamde Krugersdorp-afspraakmoorde.

Cecilia Steyn, die vermeende baasbrein, ontken egter dat Electus per Deus ooit ’n bedieningsgroep was.

Cecilia Steyn. Foto: Felix Dlangamandla

Adv. André Coetzer, haar regsverteenwoordiger, het dit tydens kruisondervraging aan Le Roux Steyn, staatsgetuie, gestel dat Cecilia gaan getuig dat dit nie ’n bediening was nie. “Dit was ’n groep vriende wat saamgekom het,” het Coetzer aangevoer.

“Maar wat dan van ons tatoeëermerke (die woorde: Electus per Deus)?” het Le Roux gevra.

“Julle kon dit mos vrywilliglik gekry het,” het Coetzer gesê.

“Die feit dat sy ons laat glo het sy is ’n satanis wat uit die Kerk van Satan gekom het en dat ons vir haar moet bid, die ander mense wat uit satanisme kom wat ons moes beskerm – dít was die grondslag waarop die bediening gestig is,” het Le Roux volgehou.

Coetzer het Le Roux daarop gewys daar was geen aanbiddingsgeleenthede en geen gemeentelike byeenkomste, wat eie aan ’n bediening is, nie.

“Nee, daar was. Ons sou in Cecilia se kamer bymekaarkom, die Bybel uithaal en bid. Daar was ’n paar van ons,” het Le Roux geantwoord.

Coetzer het aangevoer dat die geld wat groeplede bygedra het volgens Cecilia slegs gebruik is om kos te koop en hulle te versorg.

“Sy het kos gekoop, klere, ’n PlayStation . . .” het Le Roux getuig. Hy het vroeër getuig dié geld is ook aangewend om die sogenaamde bekeerde sataniste te versorg.

John Barnard, Marinda Steyn en haar seun, Le Roux Steyn, is reeds veroordeel en gevonnis.

Op Coetzer se vraag oor of daar reëls in die bediening bestaan, het Le Roux gesê daar was geen “geskrewe” reëls nie, “maar ons mag nie familie en vriende gehad het nie, want hulle was bang ons gebruik alkohol en word dan deur die Kerk van Satan ingetrek. Ek is soveel keer geslaan oor ek met mense seks gehad het met wie ek nié seks gehad het nie.”

Cecilia Steyn, Marcel Steyn en Zak Valentine staan tans tereg op verskeie aanklagte waaronder moord en sameswering tot moord.

Le Roux is reeds skuldig bevind en gevonnis. Hy is Marcel se broer. Hul ma, Marinda Steyn, en John Barnard is ook reeds skuldig bevind en gevonnis.

Die saak duur voort.

Meer oor:  Cecilia Steyn  |  Krugersdorp  |  Afspraakmoorde  |  Vriende
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.