Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Agent-twiet’: Zuma mag nie appelleer

Oudpres. Jacob Zuma is Donderdag verlof tot appèl geweier in die saak wat Derek Hanekom, oudminister van toerisme, teen hom aanhangig gemaak het.

FILE PHOTO: South Africas President Jacob Zuma rea
Pres. Jacob Zuma. Foto: Reuters

News24 berig die hooggeregshof in Pietermaritzburg het sy aansoek om verlof tot appèl met koste van die hand gewys.

Hanekom het Zuma hof toe gesleep nadat Zuma hom in ’n twiet ’n “agent van die vyand” genoem het.

Die hof het op 6 September gelas dat Zuma die twiet binne 24 uur van alle mediaplatforms moet verwyder. Hy moes ook binne 24 uur ’n verskoning op sy Twitter-rekening @PresJGZuma publiseer.

Hanekom het Zuma ook vir R500 000 gedagvaar. Die hof het Zuma ook gelas om skadevergoeding te betaal, maar die bedrag is nog nie vasgestel nie.

Zuma se twiet het gevolg op onthullings dat Hanekom met die EFF-leierskap vergader het oor ’n mosie van wantroue in Zuma toe hy nog president van die land was.

Zuma se twiet het gelui: “Ek is nie verbaas deur @Julius_S_Malema se onthullings oor @Derek_Hanekom nie. Dit is deel van die plan waarna ek verwys het by die Zondo-kommissie. @Derek_Hanekom is welbekend as ’n agent van die vyand.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.