Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Agrizzi apart verhoor, nog klagte kom dalk teen medebeskuldigde
Angelo Agrizzi sal verhoor word sodra sy gesondheid dit toelaat. Foto: Gallo Images

Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa, en sy medebeskuldigde, die voormalige ANC-LP Vincent Smith, sal apart verhoor word.

Albei het Donderdag in die gespesialiseerde handelshof verskyn, waar hulle teregstaan op aanklagte van korrupsie. Die hof het in die landdroshof in Palm Ridge, Johannesburg, gesit.

Agrizzi was sedert hy verlede jaar gesondheidsprobleme opgedoen het, nog nie weer self in die hof nie. Sy swak gesondheid het die staat genoop om aansoek te doen dat die verhore geskei word.

Mannie Witz, Agrizzi se regsverteenwoordiger, het voorheen ’n mediese verslag ingedien waarin bevind is sy kliënt is medies ongeskik om verhoor te word.

Witz het nie die staat se aansoek om die verhore te skei teengestaan nie.

Die saak teen Agrizzi en Smith hou verband met R800 000 wat Agrizzi glo uit ’n Bosasa-rekening aan Smith betaal het.

Vincent Smith sal voortaan alleen verhoor word. Foto: Gallo Images

Albei word van korrupsie aangekla, terwyl Smith deur bykomende aanklagte van bedrog in die gesig gestaar word weens beweerde betalings wat in 2015 en 2016 aan sy maatskappy, Euroblitz, gedoen is.

Agrizzi het glo ook deur Bosasa gereël vir veiligheidsverbeterings aan Smith se huis.

Smith is glo ook betaal om Bosasa te beskerm toe daar ondersoek ingestel is na kontrakte wat Bosasa by die departement van korrektiewe dienste gekry het.

Sindisiwe Seboka, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag se ondersoekdirektoraat, het gesê daarom word nog klagte teen Smith oorweeg.

Smith se saak is tot 28 September uitgestel.

Meer oor:  Hof  |  Korrupsie  |  Angelo Agrizzi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.