Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Agrizzi hoor Vrydag oor borgtog

Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa, sal eers Vrydag uitvind of hy vrygelaat word op borgtog.

Regter Ratha Mokgoatlheng het Maandag gesê hy sal die nuwe inligting, vervat in Agrizzi se appèlaansoek om borgtog in die hooggeregshof, deeglik oorweeg.

Agrizzi se aansoek het hoofsaaklik gefokus op sy gesondheid wat dramaties agteruitgegaan het in die afgelope twee weke sedert hy onder die toesig van korrektiewe dienste is. Die aansoek steun ook op die gevare wat die koronavirus inhou vir iemand in Agrizzi se toestand.

Angelo Agrizzi, voormalige Bosasa-bedryfshoof, het byna twee weke gelede met ’n nasale suurstofmasjien in die landddroshof in Palm Ridge verskyn. Foto: Arisa Janse van Rensburg

Agrizzi se regspan het aangevoer hy moet nie teruggegaan tronk toe sou sy toestand verbeter nie, en meen dit is weens die swak gehalte van sorg wat sy mediese toestand agteruitgegaan het.

Agrizzi is ná ’n nag in die tronk na ’n staatshospitaal oorgeplaas en ’n paar dae later na ’n private hospitaal waar hy in die waakeenheid is.

Adv. Manie Witz het Maandag by die hof bevestig Agrizzi se toestand is steeds kritiek. Volgens hom is die inligting egter beperk en word die regspan nie toegelaat om Agrizzi in die hospitaal te besoek nie.

Agrizzi is reeds vir ’n week in die waakeenheid van ’n private hospitaal in Johannesburg.

Daniel Witz, Agrizzi se prokureur, het bevestig slegs Agrizzi se vrou, Debbie, is sedertdien toegelaat om hom te besoek en dit was slegs een besoek van ’n halfuur lank.

Agrizzi is op 14 Oktober tronk toe nadat sy aansoek om borgtog in die Palm Ridge-landdroshof misluk het. Hy is toe saam met Vincent Smith, voormalige ANC-LP, aangekla van korrupsie van R800 000 weens beweerde Bosasa-geld wat hy aan Smith betaal het.

Indien Agrizzi Vrydag vrygelaat sal word, sal hy steeds aanbly in die hospitaal.

“Dit is nie asof hy sal kan opstaan en kan gaan gholf speel, soos sekere ander individue nie,” het Daniel Witz gesê.

Meer oor:  Vincent Smith  |  Angelo Agrizzi  |  Gauteng  |  Johannesburg  |  Palm Ridge  |  Polisie  |  Korrupsie  |  Bedrog  |  Staatskaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.