Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Agrizzi nie in hof weens gesondheid

Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa, het nie Vrydag in die handelshof in Pretoria verskyn nie omdat hy steeds in die hospitaal is, terwyl die staat ook nog vir sekere dokumente in die saak wag.

Agrizzi staan tereg op aanklagte van sameswering, bedrog, geldwassery en korrupsie van R1,8 miljard, maar is ook intussen in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal weens gesondheidsredes opgeneem.

Linda Mti (heel agter), voormalige kommissaris van die DKD, verlaat die handelshof in Pretoria. Foto: Isabel Venter

Hy het vroeër hierdie week met ’n nasale suurstofmasjien in die hof verskyn en is nie op borgtog in die Palmridge-landdroshof vrygelaat nie. Hy is egter ná die weiering van borgtog van die Johannesburgse tronk na die hospitaal oorgeskuif nadat sy gesondheid versleg het.

Sy prokureurs het intussen bevestig dat hy in ’n stabiele toestand is.

Agrizzi se medebeskuldigdes, Andries van Tonder, voormalige finansiële hoof van Bosasa, Linda Mti, voormalige kommissaris van die DKD, en Patrick Gillingham, voormalige finansiële hoof van die DKD, was wel in die hof.

Die aanklagte hou verband met hul inhegtenisneming in Februarie verlede jaar.

Patrick Gillingham (blou das), voormalige finansiële hoof van die DKD, het in die handelshof in Pretoria verskyn. Foto: Isabel Venter

Volgens die nasionale vervolgingsgesag (NVG) word vier tenders wat tussen 2004 en 2007 aan Bosasa Operations (Edms) Bpk en sy filiale toegeken is vir omheining, verskaffing van televisiestelsels en moniteringstoerusting ondersoek.

Die saak is Vrydag tot 26 November uitgestel nadat die staat aangedui het dat hy nog vir sekere dokumente wag.

Vrydag se hofverskyning hou verband met aanklagte van korrupsie van R800 000 nadat Agrizzi na bewering Bosasa-geld aan Vincent Smith, voormalige ANC-LP, oorbetaal het.

Meer oor:  Vincent Smith  |  Angelo Agrizzi  |  Staatskaping  |  Bedrog  |  Polisie  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.