Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Agrizzi nog te siek om in hof te verskyn

Die gesondheid van Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa, is van so ’n aard dat hy nie in die koronaviruspandemie in die openbaar kan verskyn nie.

Daarom het Agrizzi nie saam met Vincent Smith, voormalige ANC-LP, op ’n aanklag van korrupsie in die hof verskyn nie.

Vincent Smith verskyn Dinsdag alleen in die hof. Foto: Isabel Venter

Mannie Witz, Agrizzi se regsverteenwoordiger, het Maandag ’n siekbrief van spesialiste by die Palmridge-landdroshof in Johannesburg ingehandig. Daarin word gesê dat hy in die Covid-19-pandemie as ’n hoërisiko-pasiënt beskou word.

Agrizzi ontvang steeds onder meer suurstofbehandeling, het Witz gesê. Hy wou egter nie die hele inhoud van die brief in die hof voorlees nie.

Die saak teen hom en Smith hou verband met die bedrag van R800 000 wat Agrizzi glo uit ’n Bosasa-rekening aan Smith sou betaal het.

Die saak is tot Donderdagoggend 9 Maart uitgestel.

Witz het ook ’n aansoek gebring dat twee voorwaardes van Agrizzi se borgtogvoorwaardes aangepas word.

Agrizzi moes hom voorheen aanmeld by die Douglas-polisiekantoor. Hy het intussen verhuis en wil hom nou eerder by die Benoni-polisiekantoor aanmeld.

Agrizzi wil ook die Gauteng-provinsie van 18 April tot 7 Mei verlaat en het toestemming daarvoor gevra.

Witz wou “om veiligheidshalwe” nie die redes vir die reis bekend maak nie.

Angelo Agrizzi, voormalige Bosasa-bedryfshoof, verskyn in Oktober verlede jaar met ‘n nasale suurstofmasjien in die Palm Ridge-landdroshof in Johannesburg. Foto: Gallo Images

Volgens Witz is die redes skriftelik uiteengesit en aan al die partye in die hof voorgelê.

Die hof het Agrizzi se aansoek toegestaan.

Sy gesondheid het veral verlede jaar ’n terugslag gehad nadat hy borgtog in dié saak geweier en op 14 Oktober tronk toe gestuur is.

Hy is ná een nag na ’n staatshospitaal oorgeplaas, en ’n paar dae later in ’n private hospitaal opgeneem.

Sy regspan het toe die dringende aansoek om borgtog by die hooggeregshof ingedien.

Regter Ratha Mokgoatlheng het sy borgtog gelykstaande aan die waarde van sy eiendom in Italië vasgestel.

Hy moes ook al sy en sy vrou, Debbie, se buitelandse bates aan die nasionale vervolgingsgesag verklaar en die titelaktes van die eiendom oorhandig.

Meer oor:  Vincent Smith  |  Palm Ridge  |  Johannesburg  |  Hof  |  Korrupsie  |  Angelo Agrizzi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.