Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Agrizzi stabiel, prokureurs vandag namens hom in hof

Angelo Agrizzi, wat steeds in ’n waakeenheid van ’n private hospitaal in Johannesburg behandel word, se regspan bring vanoggend ’n nuwe borgtogaansoek in die hooggeregshof in sy afwesigheid.

Daniel Witz, Agrizzi se regsverteenwoordiger, het Maandagoggend gesê Agrizzi se toestand is stabiel.

Hy en Vincent Smith, voormalige ANC-LP, het op 14 Oktober in die landdroshof in Palm Ridge verskyn op aanklagte van korrupsie.

Angelo Agrizzi, voormalige Bosasa-bedryfshoof, het byna twee weke gelede met ’n nasale suurstofmasjien in die landddroshof in Palm Ridge verskyn. Foto: Arisa Janse van Rensburg

Agrizzi staan tereg op aanklagte van korrupsie van R800 000 nadat hy na bewering Bosasa-geld aan Smith oorbetaal het.

Landdros Phillip Venter het sy aansoek om borgtog geweier omdat hy as ’n vlugrisiko beskou word. Die staat voer aan Agrizzi was ook nie eerlik oor sy bates nie, en beweer hy het nagenoeg R24 miljoen na ’n buitelandse bankrekening oorgeplaas en ’n eiendom van €880 000 saam met ’n luukse voertuig in Italië aangekoop. Sy Italiaanse paspoort is ook weg.

Agrizzi se regspan voer aan die erns van sy mediese toestand is nie deur die hof in ag geneem toe borgtog geweier is nie, hoewel Agrizzi aan ’n suurstofmasjien gekoppel was waar hy in die beskuldigdebank gestaan het.

Hy het daarna een nag in die tronk deurgebring voordat hy na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal oorgeplaas is.

Hy is ’n paar dae later na ’n private hospitaal oorgeplaas, en het verlede Woensdag ’n hartaanval gehad, maar dokters kon hom stabiliseer.

Soos vroeër berig is Agrizzi onder die bewaking van nege wagte van korrektiewe dienste.

Sy regspan het verlede week die nodige dokumente by die hooggeregshof ingedien om teen die weiering van borgtog te appelleer.

Meer oor:  Bosasa  |  Angelo Agrizzi  |  Vincent Smith  |  Palm Ridge  |  Gauteng  |  Johannesburg  |  Polisie  |  Korrupsie  |  Staatskaping  |  Bedrog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.