Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Alex-man se dood: Ondersoek betrokkenes, gelas hof

Die weermag- en polisielede wat betrokke was by ’n voorval waartydens ’n man in die staat van inperking so erg aangerand is dat hy later dood is, moet geskors en ondersoek word.

So het regter Hans Fabricius Vrydag in die hooggeregshof in Pretoria gelas in sy uitspraak in ’n aansoek wat die oorledene, Collins Khosa (40), se familie by die hof ingedien het.

Khosa se familie het verlede week ’n aansoek in die hooggeregshof ingedien teen die minister van verdediging, die polisie, die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat en sewe ander. Die familie het onder meer gevra dat ’n klagtemeganisme vir burgerlikes ingestel word waar wandade deur die weermag, polisie of metropolisie aangemeld kan word.

Hulle voer aan Khosa is gemartel en vermoor.

Luidens hofstukke het twee weermaglede Khosa en sy swaer op Goeie Vrydag gekonfronteer nadat hulle ’n kampstoel en ’n beker halfvol drank gevind het in die erf voor hul woning in Alexandra, Johannesburg. Nadat Khosa aan hulle gesê het dis geen misdaad om alkohol in jou eie erf te gebruik nie, het die weermaglede hulle straat toe geneem “om aan hulle ’n punt te bewys”. Verskeie soldate het die twee toe aangerand en Khosa het later die aand aan sy beserings beswyk.

Fabricius het in sy uitspraak gesê alle burgers het – ook in die staat van inperking – die reg op waardigheid en om nie gemartel te word nie. Hy het gelas dat lede van die polisie en weermag burgers met waardigheid moet hanteer en die minimum geweld moet gebruik in die uitvoer van hul pligte.

Fabricius het verder beveel dat die minister van polisie en van verdediging albei die betrokke lede moet ondersoek. Alle lede van die polisie en weermag moet ook opnuut ingelig word oor die korrekte wyse om hul pligte uit te voer en moet van die hofbevel ingelig word.

Fabricius het streng woorde vir die regering gehad oor die wyse waarop die regulasies van die nasionale staat van inperking opgestel is. Dit is volgens hom nie altyd deursigtig en duidelik nie. Duidelike riglyne moet aan die publiek oorgedra word. Slegs dán kan die regering van die publiek verwag om dit na te kom, het Fabricious gesê.

Volg Netwerk24 vir meer oor die saak.

Meer oor:  Collins Khosa  |  Alexandra  |  Weermag  |  Polisie  |  Hof  |  Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.