Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Alexis Bizos dán vir ‘aanranding’ van vrou verhoor

Adv. George Bizos se seun, Alexis Bizos, het Vrydag in die landdroshof in Johannesburg verskyn op ’n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer, en ’n datum vir sy verhoor is vasgestel.

Dit volg nadat hy na bewering vir Monique van Oosterhout in 2015 aangerand het en ses van haar ribbes gebreek het.

Bizos en Van Oosterhout was getroud ten tyde van die voorval.

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het aanvanklik besluit om Bizos nie te vervolg nie.

“Nadat AfriForum in 2018 aangekondig het dat hulle aansoek gedoen het om ’n nolle prosequi-sertifikaat om Bizos (privaat) te vervolg, het die NVG in ’n handomkeerbeslissing aangekondig dat hulle Bizos nou wel sou vervolg,” lui ’n verklaring van AfriForum.

Volgens die verklaring is Bizos daarna uitgenooi om vertoë aan die NVG te rig voordat die vervolging ingestel sou word.

“Ná die ontvangs van Bizos se vertoë het die NVG weer eens besluit om nie te vervolg nie. Van Oosterhout het daarna weer aansoek gedoen om ’n sertifikaat om Bizos privaat te laat vervolg,” lui die verklaring.

Die NVG se aanduidings dat hulle fokus op sake van geweld teen vroue en kinders, blyk nie in alle gevalle te geld nie. Ons wil verseker dat sekere mense nie as verhewe bo die reg beskou word nie, en beskou geweld teen vroue in ’n ernstige lig.

Andrew Leask, hoofondersoeker by AfriForum se private vervolgingseenheid, sê dit is duidelik dat die NVG bloot “lippediens” pleeg met betrekking tot sake van geweld teen vroue en kinders.

“Bizos word skynbaar nie vervolg nie weens sy pa se politieke verbintenisse, en dít is onaanvaarbaar,” sê Leask in die verklaring.

Volgens hom is dit vir AfriForum se private vervolgingseenheid belangrik om by sake soos dié betrokke te raak. “Eerstens is dit omdat die NVG nie selektief kan wees met die vervolging van verdagtes nie, en tweedens omdat die regstelsel hierdie slagoffer telkemale in die steek gelaat het.

“Niemand is verhewe bo die reg nie en dit is daarom dat AfriForum aanhou om hierdie saak te dryf en Bizos namens Van Oosterhout te vervolg.

“Die NVG se aanduidings dat hulle fokus op sake van geweld teen vroue en kinders, blyk nie in alle gevalle te geld nie. Ons wil verseker dat sekere mense nie as verhewe bo die reg beskou word nie, en beskou geweld teen vroue in ’n ernstige lig,” sê Leask.

Bizos se verhoordatum is vir 4 Mei vasgestel.

Meer oor:  Alexis Bizos  |  Aanranding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.