Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Alice Maree: Verhoor ‘kan 2 jaar duur’
C.J. Blumenthal en sy verloofde, Alice Maree. Maree is in Februarie oorlede twee weke nadat sy by haar werkplek in Theunissen aangeval, beroof en verkrag is. Foto: Facebook

Die vermeende verkragter van Alice Maree, Johannes Papa Mokati (20), het weer Maandag in die landdroshof in Theunissen verskyn.

Maree, wat op 24 Februarie oorlede is, is na bewering deur Mokati aangeval, beroof en verkrag. Hy het haar by haar werkplek in Theunissen oorval.

Mokati is net drie dae voor die voorval op parool vrygelaat.

Mokati het glo ’n skootrekenaar en tabletrekenaar van Maree geroof en dit ná die voorval in Theunissen probeer verkoop. Die winkeleienaar het Maree herken op foto’s op die rekenaar en die polisie en haar familie ingelig. Mokati is toe deur die polisie in hegtenis geneem.

Maree het antiretrovirale middels ná die voorval gebruik. Sy is egter twee weke later oorlede nadat haar gesondheid agteruitgegaan het en sy toevalle begin kry het.

Sy is op Maandag 20 Februarie in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein opgeneem waar sy die Vrydag in die waakeenheid oorlede is.

Maree se suster, Emsie, sê die familie kry baie swaar. Emsie sê die owerhede het aan hulle gesê die verhoor van Mokati kan maklik nog twee jaar lank duur.

C.J. Blumenthal, Maree se verloofde, sê hy vat dinge maar dag vir dag. Sy werk hou hom besig, maar hy kry steeds swaar.

Blumenthal, wat op Maree se begrafnis Psalm 23 in ’n huldeblyk aan haar gesing het, sê hy het ook ’n liedjie vir haar geskryf.

Hy skaaf nog daaraan, maar sal dit op Facebook plaas wanneer hy tevrede daarmee is.

Mokati sal weer op 8 Junie in Welkom in die hof verskyn. Sy verhoor sal waarskynlik na die hooggeregshof oorgeplaas word.

Mokati is verlede jaar in November skuldig bevind op ’n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer en is ná drie maande uit die gevangenis in Winburg op parool vrygelaat.

Kapt. Malebo Khosana het vroeër gesê Mokati is ook deur die polisie gesoek in verband met ontsnapping uit aanhouding en die gebruik van ’n voertuig sonder die eienaar se toestemming.

Mokati het in Maart sy aansoek om borgtog laat vaar en hy bly in aanhouding.

Meer oor:  Alice Maree  |  Verhoor  |  Verkragting  |  Verkragter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.