Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Alterskye: ‘Wat het staat als vir Kersbonusse gedoen?’

Jolene Alterskye (37), gewese minnares van Jason Rohde, veroordeelde moordenaar, is fyn en klein en het verwese gelyk waar sy in die beskuldigdebank in hof 15 in die landdroshof in Kaapstad gestaan het.

Sy is van crimen injuria aangekla nadat sy op sosiale media en in ’n teksboodskap teenoor die verhoorregter, regter Gayaat Salie-Hlophe, die nasionale vervolgingsgesag en die ondersoekbeamptes in die Rohde-saak, sers. Marlon Appollis en sers. Stephen Adams, uitgevaar het.

Jolene Alterskye, Jason Rohde se gewese minnares, kom Maandag by die landdroshof in Kaapstad aan. Foto: Jaco Marais

Rohde is in Februarie 2019 skuldig bevind en gevonnis vir die moord op sy vrou, Susan.

Alterskye het onder meer geskryf die staat en die regter is wat haar betref “in dieselfde span”.

“As die staat wederregtelik kan optree wanneer hy onwettig eiendomme deursoek en staatsgetuies omkoop, wat het hulle nie versin om hul Kersbonusse te kry nie? ’n Korrupte land begin by korrupte polisie en ek hoop die waarheid sal onthul word sodat geregtigheid werklik kan seëvier.”

Alterskye het die inskrywing verwyder nadat mense kommentaar daarop gelewer het. Sy het ook die regter en adv. Louis van Niekerk, die aanklaer, om verskoning gevra oor die teksboodskap wat sy versprei het.

Sy het verder beweer sy moes Appollis en Adams met whisky omkoop om haar eiendom – ’n selfoon en rekenaar waarop die polisie glo onwettig beslag gelê het – terug te kry.

Dit was Maandag haar tweede verskyning in die hof op die aanklag van crimen injuria.

Haar regsverteenwoordiger, William Booth, het die hof ingelig die staat en die verdediging het ooreengekom om vir uitstel te vra sodat hulle voorleggings aan die kantoor van die direkteur van openbare vervolging kan stuur.

Die saak teen Alterskye is tot 10 Maart uitgestel.

Meer oor:  Jason Rohde  |  Jolene Alterskye  |  Landdroshof  |  Kaapstad  |  Crimen Injuria
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.