Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Amptenaar vyf jaar tronk toe oor belasting-ontduiking

Vusi Kama, wat gasheer gespeel het vir Stellenbosch tydens die 2010 Sokker Wêreldbekertoernooi, is vyf jaar tronkstraf opgelê vir belastingontduiking.

Kama (50) is tans die adjunkdirekteur in die departement van kultuur, kunste en tradisionele sake. Hy is verlede week vyf jaar tronkstraf opgelê in Parow-streekhof na ’n sewe jaar lange ondersoek deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).

Hy is op borgtog vrygelaat hangende ’n appèl teen sy skuldbevinding en vonnisoplegging.

Kama se saak hou verband met belastingopgawes vir 2009 en 2010 toe hy die streekskoördineerder (Stellenbosch) en gasheer vir die 2010 Sokker Wêreldbekertoernooi was.

Die Stellenbosch-munisipaliteit het hom R2 miljoen vir sy dienste betaal, maar hy het net R1,6 miljoen by die SAID verklaar.

Kevin Rossouw, ’n spesialis in belastinginvordering in die kantoor van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) in die Wes-Kaap, sê: “Kama het sy eie onderneming gehad tydens die oortreding. Hy het sy persoonlike besigheidsrekening gebruik toe hy ’n kontrak met die munisipaliteit geteken het.

“Hy het blatant gelieg toe nie sy volle inkomste verklaar het nie.

“Hierdie saak moet dien as ’n ernstige waarskuwing vir belastingbetalers dat hulle nie kanse moet vat met onjuiste belastingopgawes nie.

“Die howe het dit duidelik gemaak dat boetes onvanpas is in sulke omstandighede en beskuldigdes kan swaar tronkstraf opgelê word,” sê Rossouw.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.