Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Amy’Leigh se ma: ‘Dit gaan baie sleg met albei my kinders’

“Dit gaan baie sleg. Baie sleg met albei my kinders,” het Angeline de Jager (26), ma van Amy’Leigh (6), Woensdag voor die aanvang van hofverrigtinge in Vanderbijlpark gesê.

“Hulle het haar bang gemaak. Sy is so bang. Hulle het nie ’n idee gehad wat hulle doen nie, nie aan haar nie en ook nie aan die res van ons familie nie,” het pa Wynand (28) gesê, waar hy en Angeline in die hof se openbare galery in die landdroshof in Vanderbijlpark gesit het.

Angeline en Wynand de Jager, Amy’Leigh se ouers, Woensdagoggend in die hof. Foto: Felix Dlangamandla

Die sesjarige se vermeende ontvoerders, Tharina Human (27), Pieter van Zyl (50), Laetitia Nel (40) en Bofokeng Molemohi (24), het daarna vlugtig in die landdroshof in Vanderbijlpark verskyn. Die saak is uitgestel tot 9 Januarie, waarna die verhoordatum vasgestel sal word. Volgens die staatsaanklaer adv. Luanda Ngcobo is uitstaande DNS-uitslae die rede vir die uitstel.

Al vier die beskuldigdes Donderdagoggend in die hof: Tharina Human (27), Laetitia Nel (40), Pieter van Zyl (50) en Bofokeng Molemohi (24). Foto: Felix Dlangamandla

Ngcobo het gesê sy hoop die verhoor kan in Februarie in die hooggeregshof in Palm Ridge, Johannesburg, begin.

Nel, die enigste beskuldigde wat uit is op borgtog, het voordat die hofverrigtinge begin het voor die De Jager-egpaar in die openbare galery ingeskuif.

Tharina Human
Nel, geklee in ’n rooi bloes en met haar hare netjies agter haar kop vasgemaak, het heel anders gelyk as voorheen in die hof toe sy telkens betraand saam met haar medebeskuldigdes uit die aanhoudingselle onder die hof begelei is. Foto: Felix Dlangamandla

Geklee in ’n rooi bloes en met haar hare netjies agter haar kop vasgemaak, het sy heel anders gelyk as voorheen in die hof toe sy telkens betraand saam met haar medebeskuldigdes uit die aanhoudingselle onder die hof begelei is.

Human se pa, Riaan Botha, het ná die hofverrigtinge gesê hy gaan kuier gereeld vir sy dogter terwyl sy in aanhouding is.

AmyLee de Jager (6)
Amy'Leigh de Jager

* Amy’Leigh is op Maandag 2 September voor die Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark uit haar ma se hand gegryp en in ’n wit Toyota Fortuner ingetrek.

Ná ’n reusesoektog en gyselaarsonderhandelinge waarby die polisie se misdaadintelligensie-eenheid betrokke was, is sy die Dinsdag omstreeks 02:00 deur weldoeners in ’n gevaarlike straat in Vanderbijlpark gevind en aan haar ouers terugbesorg.

Human, die vermeende baasbrein agter die ontvoeringsdrama, was ’n gr. RR-onderwyseres by die Laerskool Kollegepark. Sy, Van Zyl en Nel is etlike dae ná die beweerde ontvoering in hegtenis geneem. Molemohi is op 23 September in hegtenis geneem nadat hy glo eers gevlug het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.