Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
ANC-raadslid van dronkbestuur aangekla

Nie alleen is Madoda Papiyana, hoofsweep van die Chris Hani-distriksmunisipaliteit, die naweek weens dronkbestuur aangekeer nie, daar is ook ’n uitstaande lasbrief vir sy inhegtenisneming weens ’n spoedoortreding in die Vrystaat.

Papiyana, ’n ANC-raadslid, is Vrydagmiddag vasgetrek nadat hy glo versuim het om by ’n padblokkade op die R410-pad tussen Cala en Elliot stil te hou. Hy is ná ’n jaagtog oor meer as 30 km in Ngcobo vasgetrek.

Luxolo Tyali, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in die Oos-Kaap, sê Papiyana is Maandag in die landdroshof in Cala van dronkbestuur, die oortreding van die Wet op Rampbestuur en die onwettige vervoer van alkohol aangekla.

e
Madoda Papiyana. Foto: Facebook

Dit het ook met sy verskyning aan die lig gekom dat daar ’n uitstaande lasbrief vir sy inhegtenisneming weens ’n spoedoortreding in die Vrystaat is.

Volgens Tyali bly Papiyana in aanhouding en hy sal na verwagting Donderdag om borgtog aansoek doen.

Intussen het Lusanda Sizani, sekretaris van die Chris Hani-streek, bevestig dat Papiyana die naweek vrywillig as hoofsweep bedank het. Die ANC het ’n beroep op die distriksmunisipaliteit gedoen om die bedanking spoedig af te handel.

Die ANC se provinsiale uitvoerende komitee sal ook sy eie ondersoek doen en Papiyana sal aan die organisasie se tugstappe onderwerp word.

Papiyana is op drie maande verlof geplaas om “aandag aan sy persoonlike uitdagings te gee”.

Sizani het namens die party verskoning gevra vir sy beweerde gedrag en terselfdertyd ’n beroep gedoen op die inwoners om die inperkingsmaatreëls te gehoorsaam.

Meer oor:  Dronkbestuur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.