Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
ANC-vrou wat glo man laat moor ‘skuld prokureur geld’

Magdaleen Titus, ’n ANC-raadslid van Oudtshoorn in die Klein-Karoo wat aangekla word van moord met voorbedagte rade op haar man, stafsers. Preston Titus (47), skuld haar prokureur geld en haar aansoek om regshulp was onsuksesvol.

Magdaleen Titus vroeër buite die hof in Oudtshoorn. Foto: Jackie Kruger

Die inligting het Woensdag in die rondgaande hooggeregshof in Oudtshoorn aan die lig gekom. Titus (42) en haar medebeskuldigdes, Justice Mooi (30), Natasha Stuurman (38) en Masimthembe January (23), word aangekla van moord met voorbedagte rade en regsverydeling.

Preston se lyk is op 2 Desember 2017 met steekwonde in ’n slaapkamer van sy huis by die Infanterieskool in Oudtshoorn aangetref. Daar was geen gedwonge toegang tot die huis nie.

Dit het Woensdag aan die lig gekom dat Titus se aansoek om regshulp onsuksesvol was en dat sy haar regsverteenwoordiger, adv. Mustaque Holland, geld skuld. Holland sal op 24 Mei weet of hy Titus nog verteenwoordig.

Die saak is Woensdag tot 27 Mei uitgestel.

Borgtog is vroeër aan January, Stuurman en Titus toegestaan. Mooi is borgtog geweier en bly in aanhouding.

Nog ’n beskuldigde, Sixabiso Klip (23), Titus se voormalige motorbestuurder, is reeds op 19 Januarie 2018 in die streekhof in Oudtshoorn tot 15 jaar tronkstraf gevonnis. In sy pleitooreenkoms het hy Titus as die “baasbrein” agter die moord op haar man beskryf. Klip het vroeër getuig Titus het ’n verhouding met January gehad.

Meer oor:  Magdaleen Titus  |  Stafsers. Preston Titus  |  Oudtshoorn  |  Moord  |  Hof  |  Anc-Raadslid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.