Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Ander kan saak oor bevelsraad verder voer’

Suid-Afrikaners is nou bewus daarvan dat die regering bevraagteken moet word oor stappe wat geneem word tydens die Covid-19-pandemie.

Só sê die twee advokate Nazeer Cassim SC en Erin-Dianne Richards nadat hulle besluit het om nie voort te gaan met ’n hofsaak oor die grondwetlikheid van die nasionale bevelsraad, wat onder meer besluite oor die inperkingsregulasies neem.

Cassim en Richards het Vrydag aangekondig hulle laat vaar vir eers die saak, in die lig van die groeiende gesprek oor die bevelsraad, asook die talle hofsake wat reeds aangehoor word.

Die twee se eerste skrywe van 27 April, waarin kommer uitgespreek is oor die moontlike ongrondwetlike en ondemokratiese gevolge weens die “twyfelagtige oprigting, struktuur en funksies van die nasionale bevelsraad”, asook die “gebrek aan deursigtigheid van die regering oor dié liggaam”, het wyd kommentaar uitgelok.

Adv. Nazeer Cassim SC. Foto: Theane Breugem

Die regslui het in die brief gesê hulle is bekommerd dat die nasionale koronabevelsraad hom besluitnemingsmagte toeëien wat volgens die Grondwet net deur die kabinet uitgeoefen kan word.

Hulle moet ook onderhewig wees aan volledige parlementêre oorsig. Ramaphosa, voorsitter van die bevelsraad, het in Maart 19 ministers aangewys om daarop te dien.

Dié bevelsraad het besluit om die land in ’n streng staat van inperking te plaas, om dit te verleng en dat dit in vyf vlakke afgeskaal sal word. Die regslui voer aan dat sulke besluite deur die hele kabinet geneem moet word.

Luqmaan Hassan, Cassim en Richardt se prokureur, wys daarop dat advokate as ’n reël hulself daarvan weerhou om aan ’n openbare debat deel te neem.

“As regsgeleerders egter sien dat sekere regeringsbesluite blindelings deur die publiek aanvaar word en hulle besef daar is wetlike slaggate en gevare, is dit hul plig om mense daarvan bewus te maak, soos wat in die afgelope twee weke gebeur het,” skryf Hassan in ’n verklaring.

Meer oor:  Inperking  |  Bevelsraad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.