Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Annel Snyman: Dokter sluit selfdood uit, sê aanklaer

“Wanneer die duiwel hard agter jou familie aan is, dan druk jy harder terug. Jy bid en jy het lief met alles wat jy het. Genade wen elke keer.”

Liezel Luus (regs), die gewese vrou van Chris Luus, die moordbeskuldigde van Bela-Bela. Foto: Deaan Vivier

Dit is ’n plasing van Liezel Luus, gewese vrou van die moordbeskuldigde Chris Luus (44) van Bela-Bela in Limpopo, op haar Facebook-blad. Dit is nadat Luus verlede week in die landdroshof in Colenso in KwaZulu-Natal in verband met die moord op sy vriendin, Annel Snyman (38), verskyn het.

Luus staan tereg op aanklag van moord en regsverydeling nadat Snyman op Maandag 9 September dood in ’n chalet by die Cayley-bergoord in die Drakensberg gekry is. Hy sal Woensdag hoor of borgtog aan hom toegestaan word.

Die paartjie was met vakansie en Luus beweer Snyman, wat die eienaar van die Loebies-roofdierpark buite Bela-Bela was, het haarself met ’n rekverband aan die haak van die badkamerdeur in die chalet opgehang.

Khulekani Mncube, staatsaanklaer, het tydens die borgtogaansoek gesê die staat het twee lykskouingsverslae ontvang waarin bevind is dat Snyman dood is weens versmoring of verwurging, berig Hanti Otto.

“Een dokter het selfdood uitgesluit. Die merke aan die oorledene se nek is eerder soortgelyk aan verwurging as dié van byvoorbeeld ’n tou en haar lugpyp was beskadig,” sê Mncube.

Hy sê Luus word van regsverydeling aangekla omdat hy glo “die toneel in die chalet so opgestel het dat dit na selfdood moet lyk”.

Chris Luus (44) Foto: Facebook/Annel Snyman

Marli Opperman, ’n vriendin van die Luus-familie, het op Facebook uitgevaar oor berigte in die media oor Luus.

Chris Luus en Annel Snyman.
Annel Snyman, eienaar van die Loebies-roofdierpark buite Bela-Bela.

Sy weier egter om met Netwerk24 te praat.

Sy skryf op haar Facebook-blad: “ ’n Mens wil die waarheid uitskree, maar ons bly stil, want hoe meer tou ons hulle gee hoe makliker gaan hulle hulleself daarmee ophang aan die einde van die hierdie gemors. Solank mense net besef ons bly nie stil omdat ons niks het om te sê of omdat die media die waarheid praat nie. Ons bly sit want ons weet wat ons weet.”

Luus het kort ná Snyman se dood aan Netwerk24 gesê: “Ek het bitter seer en daar gaan nie ’n sekonde van ’n dag of nag verby dat ek nie aan haar dink of oor haar huil nie. My hart is stukkend. Annel was my alles en ek het haar verloor.”

Hy is ’n sakeman van Bela-Bela en het twee minderjarige kinders. Hy ontken dit dat hy enigiets met Snyman se dood te make gehad het.

Christelle Luus-Kotze, sy suster, het ’n boodskap van bemoediging aan hom op haar Facebook-blad geskryf: “Lief jou boetie! Jy is my alles.”

Nardus Snyman, Annel se broer, en hul ouers, Hennie en Antoinette, was ook verlede Woensdag in die landdroshof in Colenso, KZN, met Luus se verskyning.

Hy beweer sy suster sou haarself nie om die lewe gebring het nie en hulle wil net hê geregtigheid moet geskied.

Meer oor:  Annel Snyman  |  Liezel Luus  |  Chris Luus  |  Bela-Bela  |  Limpopo  |  Selfdood  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.