Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Appèl: Nog 1 deur oop vir Henri van Breda

Henri van Breda kan nog die konstitusionele hof nader nadat sy jongste aansoek in die appèlhof misluk het.

Van Breda se jongste aansoek om verlof om appèl aan te teken teen regter Siraj Desai se bevindings en vonnis, is deur die regter-president van die appèlhof, regter Mandisa Maya, van die hand gewys.

Henri van Breda Foto: Jaco Marais

Desai het Van Breda in Junie 2018 drie keer lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord in Januarie 2015 op sy ouers, Martin (54) en Teresa (55), en sy broer, Rudi (22).

Hy is ook 15 jaar tronkstraf vir poging tot moord op sy suster, Marli (16 tydens die voorval), opgelê.

Sy het die voorval oorleef, maar kan niks van die aanval onthou nie.

Lorinda van Niekerk, Van Breda se prokureur, het Woensdag bevestig hulle het, nadat hulle die eerste aansoek by die appèlhof in Augustus 2018 ingedien het en dit later van die hand gewys is, die aansoek by die regter-president ingedien.

Die aansoek is ingevolge art. 17 (2)(f) van die Wet op Hoër Howe van die hand gewys. Hierdie aansoek gee die regter-president die mag om ’n aansoek te heroorweeg wat reeds deur die hof van die hand gewys is.

Desai het sy aansoek om verlof tot appèl op 20 Augustus 2018 in die hooggeregshof in Kaapstad van die hand gewys.

Adv. Pieter Botha, vir Van Breda, het in sy eerste aansoek op 14 Augustus gesê dit is moontlik dat ’n ander hof tot ’n ander bevinding kan kom, onder meer omdat Desai hom op omstandigheidsgetuienis skuldig bevind het. Die hof het getuienis uitgesluit wat moontlik bewys dat hy nie die aanvaller was nie.

Desai het gesê daar is geen vooruitsig dat ’n ander hof tot ’n ander bevinding kan kom nie. Maya het Desai se bevinding ondersteun.

Daar is ook nie genoeg bewyse ingedien om van die minimum vonnisse af te wyk nie en dus kon die hof nie anders as om hom tot drie keer lewenslange tronkstraf te vonnis nie.

Van Niekerk sê hulle moet nog konsulteer oor die pad vorentoe, moontlik om die konstitusionele hof te nader.

'n Afskrif van die bevel.
Meer oor:  Henri Van Breda  |  Regter Siraj Desai  |  Hof  |  Appèlaansoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.