Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Appèlhof sê hof in PE kán Omotoso en 2 ander verhoor
Past. Timothy Omotoso stap Maandag met die Bybel in sy hand by die beskuldigdebank van die hooggeregshof in Port Elizabeth in. Foto: Cara-Lee Dorfling

Die appèlhof het regter Irma Schoeman se beslissing gehandhaaf dat die hooggeregshof in Port Elizabeth wél jurisdiksie het om al die aanklagte teen past. Timothy Omotoso en sy medebeskuldigdes in haar hof aan te hoor.

Omotoso (60), ’n Nigeriese TV-evangelis van KwaZulu-Natal, en sy medebeskuldiges, Zukiswa Sitho (36) en Lusanda Sulani (26), staan tereg op aanklagte wat verband hou met beweerde optredes waartydens hulle landwyd jong meisies vir seksuele voorbereiding gewerf het.

Die meer as 90 aanklagte teen die drie behels onder meer rampokkery, seksuele aanranding en mensehandel.

Adv. Nceba Ntelwa, staatsaanklaer, het Maandag in die hooggeregshof in Port Elizabeth aan Schoeman gesê die appèlhof het die verdediging se aansoek om verlof tot appèl teen Schoeman se uitspraak rakende jurisdiksie van die hand gewys.

Luidens die uitspraak is daar geen redelike vooruitsigte op sukses nie, asook geen ander dwingende rede waarom dié appèl aangehoor moet word nie.

Peter Daubermann, regsverteenwoordiger vir die drie beskuldigdes, het in reaksie gesê dat hy hom nou in opdrag van sy kliënte tot die konstitusionele hof sal wend.

Past.Timothy Omotoso (60), en sy medebeskuldigdes, Zukiswa Sitho (36) en Lusanda Sulani (26), was Maandagoggend saam in die beskuldigdebank van die hooggeregshof in Port Elizabeth. Foto: Cara-Lee Dorfling

Hoewel hy ’n maand het om die vertoë te rig, het Daubermann gesê hy hoop om binne twee weke die aansoek in te dien.

Hy het die appèlhof genader nadat Schoeman vroeër met die aanvang van die verhoor bevind het dat die hooggeregshof in Port Elizabeth jurisdiksie het om al 97 aanklagte teen die beskuldigdes aan te hoor.

Die verdediging meen egter dat die onderskeie aanklagte, waarvan verskeie elders in die land en selfs in die buiteland gepleeg is, moet elk in die betrokke gebied se howe verhoor word.

Schoeman het die saak Maandag tot 21 November uitgestel. Omotoso bly in aanhouding. Sitho en Sulani is voorheen op borgtog van R2 000 elk vrygelaat. Hul borgtog is verleng.

Die appèlhof se uitspraak teen past. Timothy Omotoso, Zukiswa Sitho en Lusanda Sulani se aansoek om verlof toto appèl rakende jurisdiksie.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.