Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Appèlhof sê ook nee aan Myeni

Eers het die hooggeregshof in Pretoria haar appèlaansoek van die hand gewys en nou het die appèlhof in Bloemfontein ook Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), se vlerke geknip.

Dudu MyeniFoto: Deaan Vivier

Myeni het gehoop die appèlhof sou die hooggeregshof se beslissing om haar tot misdadige direkteur te verklaar, tersyde stel. Dié hof het haar in Mei verlede jaar vir die res van haar lewe verbied om in enige direksie te dien. Die appèlhof het nou bevind sy het geen gronde tot appèl nie en het die saak met koste van die hand gewys.

Myeni, vertroueling van oudpres. Jacob Zuma en stigterslid en uitvoerende direkteur van die Jacob Zuma-stigting, het reeds van dié pos afstand gedoen, maar sal nou ook uit alle ander direksies moet bedank.

News24 berig die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa), wat die saak teen Myeni aanhangig gemaak het, het die hof se uitspraak verwelkom, maar sê dit was te verwagte. Eric Mabuza, haar regsverteenwoordiger, sê hy kan nie nou sê wat Myeni volgende gaan doen nie. – Fin24

Meer oor:  Dudu Myeni  |  Bloemfontein  |  Appèlaansoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.