Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Asbesdak-oudit: Saak teen 7 eers volgende jaar aangehoor
Van die beskuldigdes Woensdag in die Bloemfonteinse landdroshof. Van links is Nthimotse Mokhesi, hoof van die Vrystaatse departement van menslike nedersettings, Mahlomola Matlakala, verkrygingshoof van die Vrystaatse departement van menslike nedersettings, Edwin Sodi, miljoenêr-sakeman van Johannesburg, en Sello Radebe, eienaar van die maatskappy Mastertrade 232. Foto: Kaydene Davids

Die verhoor van die sewe beskuldigdes wat vroeër weens die Vrystaatse regering se omstrede asbesdak-oudit van R255 miljoen aangekeer is, is Woensdagoggend tot volgende jaar uitgestel.

Hulle is Olly Mlamleli, die uitgeskopte burgemeester van die Mangaung-metro, Edwin Sodi, miljoenêr-sakeman, Nthimotse Mokhesi, hoof van die Vrystaatse departement van menslike nedersettings, Mahlomola Matlakala, die verkrygingshoof van die Vrystaatse departement van menslike nedersettings, Sello Radebe, eienaar van die maatskappy Mastertrade 232, Thabane Zulu, voormalige direkteur-generaal van die departement van menslike nedersettings, en Abel Manyeki.

Hulle staan op agt aanklagte van bedrog en 44 aanklagte van geldwassery tereg. Sodi, Mokhesi en Zulu staan ook op aanklagte van korrupsie tereg.

Die uitgeskopte burgemeester van die Mangaung-metro, Olly Mlamleli (middel), Woensdag in die openbare galery agter die vier in die beskuldigdebank in die Bloemfonteinse landdroshof. Foto: Kaydene Davids

Landdros Patrick Saliwa het die saak tot 19 Februarie 2021 uitgestel vir verdere ondersoek en die byvoeging van nog beskuldigdes.

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, word ook in verband met die saak vervolg. Hy was ten tyde van die oudit die premier van die provinsie.

’n Lasbrief vir sy inhegtenisneming is Dinsdag uitgereik en hy verskyn Vrydag in die Bloemfonteinse landdroshof op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery.

Die staat voer aan die asbesdak-oudit is op “bedrieglike en korrupte wyse” tussen 2014 en 2016 uitgevoer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.