Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Asem opgehou vir vonnis in Krugersdorp-moordsaak

Die vonnisoplegging in die opspraakwekkende Krugersdorp-moordsaak word Maandag verwag.

Cecilia Steyn, Zak Valentine en Marcel Steyn is in Junie vanjaar skuldig bevind op onderskeidelik 32, 22 en 21 aanklagte wat 11 moorde oor ’n tydperk van vier jaar insluit. Drie ander groeplede is reeds agter tralies.

Die laaste drie vonnisafwagtendes, Marcel Steyn, Cecilia Steyn en Zak Valentine, tydens hul verhoor in Oktober en November 2018. Foto: Deaan Vivier
Cecilia Steyn, die vermeende baasbrein van die Krugersdorp-afspraakmoorde, by ’n vorige hofverskyning. Foto: Felix Dlangamandla

Die hof het vandeesweek met die voorvonnisverrigtinge gehoor Cecilia was ’n “goeie vrou vir haar man, goeie ma vir haar kinders en is ’n modelgevangene”.

Die hof het ook gehoor Valentine kom uit ’n “goeie, Christen-huis”, maar was volgens sy ouers “beïnvloedbaar en goedgelowig”.

Volgens die staat is daar geen substantiewe en dwingende getuienis vir die afwyking van die voorgeskrewe minimum vonnis in Valentine en Cecilia se sake aangetoon nie.

Twee proefbeamptes het Marcel geëvalueer.

Volgens Elsabé Bosch-Brits, ’n maatskaplike werker, toon Marcel tans geen berou oor haar dade nie, wat volgens Bosch-Brits strafverswarend behoort te wees. Daarteenoor het Rosalind Macnab, ’n sielkundige, Dinsdag getuig Marcel is wél berouvol en dat haar afgestomptheid net ’n “coping”-meganisme is.

Ná die vonnis kan die reeksmoordenaars steeds aansoek om verlof tot appèl teen die skuldigbevinding en vonnis doen.

Marcel het ook die hof geskok toe sy gevra het om die regter direk aan te spreek. Maar haar poging het misluk.


Lees nou alles wat jy moet weet voordat die vonnis opgelê word

Dit is 'n moordtog wat Suid-Afrika geskok het: 11 mense, koelbloedig deur ‘n kultus vir mag en geld vermoor. 

Ons trek al die los drade saam:

  • Waar alles ontspoor het
  • Hoe koelbloedig die slagoffers vermoor is - selfs met uitermate gebruik van geweld
  • Moet 'n mens simpatie hê met Marcel?
  • Was hulle psigopate?

Volg die bloedspoor op ‘n interaktiewe tydlyn, stap saam deur die moordwoonstel, kyk na eksklusiewe video- en klankmateriaal oor wat agter die skerms gebeur het. Lees, kyk en luister hier.

VOLG DIE BLOEDSPOOR DEUR KRUGERSDORP
’n Verhaal van manipulasie, wraak en mag wat Suid-Afrika geskok het.
KLIK HIER
keywords

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.