Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Baaise sakeman 8 jaar agter tralies oor brandstigting

’n Man van Port Elizabeth gaan agt jaar tronk toe nadat hy die sakeperseel waar hy sy onderneming bedryf het, opsetlik aan die brand gesteek hets.

Stuart Mcleod (59) is skuldig bevind daaraan dat hy die perseel opsetlik aan die brand gesteek het om meer as R6 miljoen van sy versekering te eis.

Regter Lionel Lindoor het Donderdag ná die vonnisoplegging in die handelshof ook Mcleod se aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys.

Stuart Mcleod moet effektief vir agt jaar tronk toe gaan. Foto’s: Lulama Zenzile

Lindoor het Mcleod gevonnis op aanklagte van brandstigting (drie jaar), bedrog (ses jaar) en dwarsboming van die gereg (drie jaar).

Twee jaar elk op die aanklagte van brandstigting en dwarsboming van die gereg is opgeskort, wat beteken dat Mcleod effektief vir agt jaar tronk toe moet gaan.

Lindoor het tydens vonnisoplegging gesê die minimum voorgeskrewe vonnis vir iemand wat aan bedrog van bo R500 000 skuldig bevind word, is 15 jaar tronkstraf.

Nadat hy Mcleod se persoonlike omstandighede, sy ouderdom, die erns van die misdryf, en die belange van die gemeenskap in ag geneem het, het hy besluit om van die minimum voorgeskrewe vonnis af te wyk.

“’n Mens kan net spekuleer oor waarom hy dit gedoen het, want hy het nie die hof in sy vertroue geneem en ’n verduideliking gegee nie.

“Die misdryf het fyn beplanning geverg. Hy het nooit enige teken van berou getoon of geverbaliseer nie.”

Stuart Mcleod in die hofsaal.

Mcleod het gelag toe Lindoor sê: “Die samelewing verdien om te leef in ’n wêreld sonder om bekommerd te wees oor mense soos Mcleod wat wil kom maai waar hy nie gesaai het nie.”

Lindoor het daarop gewys dat hy bewus is van baie hofsake waarin mense vir sogenaamde witboordjie-oortredings direkte tronkstraf opgelê is.

“Die tronke is nie net gereserveer vir mense wat skuldig bevind word aan geweldsmisdaad nie.”

Die hof het gehoor hoe Old Mutual tussen 2016 en 2018 skade gely het van net minder as R200 miljoen weens bedrog.

Lindoor sê Mcleod se misdaad is nie “gesigloos” nie, want versekeringsmaatskappye verhoog jaarliks hul klante se premies om op te maak vir die verliese wat hulle ly weens bedrog.

Mcleod is die alleeneienaar van die maatskappy Lawmac CC. Die maatskappy is boetes opgelê, wat in die geheel opgeskort is.

Mutual & Federal het geweier om Mcleod se versekeringseis uit te betaal.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Hof  |  Sakeman  |  Vonnisoplegging  |  Brandstigting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.