Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Baaitjie-verhoor: ‘Skieter’ sê staatsgetuie jok

Die vermeende skieter in die opspraakwekkende verhoor oor die moord op Johannes Baaitjie, DA-raadslid van Daniëlskuil, het Vrydag beweer die staatsgetuie vertel leuens.

Thompson Mncedisi Mphondomisa, met die bynaam Charlie, het getuig Tiro Legothla, die staatsgetuie, beskuldig hom van moord uit weerwraak vir ’n knoeiery met ’n diamanttransaksie.

Mphondomisa word saam met Zonizelo Magawu, gewese ANC-takvoorsitter en vermeende baasbrein agter die moord, Richard Hasane, Tshame Frank Baxane en Matthews Legodu aangekla van die moord op Baaitjie en sy vennoot, Shuping Nouse,

Thompson Mncedisi Mphondomisa sit agter die getuiebank.Foto: Charné Kemp

asook van ontvoering en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Baaitjie se lyk is op 18 Augustus 2016 met ’n skietwond in die kop langs die pad naby Postmasburg gekry. Die gewonde Nouse, wat in ’n bakkie in Postmasburg gevind is, is op 23 Augustus aan sy beserings dood.

Die staat voer aan dat die beskuldigdes ná 2016 se munisipale verkiesing meer winsgewende tenders van ’n ANC-beheerde raad wou kry, en dat Baaitjie uit die weg geruim moes word.

Die staat het selfoonstate as bewyse ingedien van hoe die beskuldigdes voor die moorde met mekaar gekommunikeer het.

Vroeër in die verhoor het Legothlo getuig Mphondomisa het hom voor die voorval gekontak en R20 000 beloof om “sekere mense” van Daniëlskuil na Postmasburg te vervoer.

Legothlo, wat op albei misdaadtonele was, het getuig hoe hy saam met die polisie gewerk en gesprekke met die beskuldigdes met ’n versteekte toestel opgeneem het.

Legothlo het op 3 September by Mphondomisa se huis in Daniëlskuil opgedaag en gevra waar die beloofde R20 000 is. Mphondomisa het gesê hy moet Legodu vra.

Legothlo het in sy motor alleen vir Legodu oor die uitstaande betaling uitgevra. Legodu het verduidelik dat die moord op Baaitjie lank gelede deur “die organisasie, die ANC van Upington”, beplan is. Twee sluipmoordenaars sou van Gauteng kom, maar hulle het gesloer. Mphondomisa het glo die moord met Legodu se 9 mm-pistool gepleeg.

Legodu het gesê Mphondomisa is ’n “sh*t” wat al “big jobs” in Gauteng gedoen het. Legodu het in die geheime opname ook erken hy het Mphondomisa en Baxane op Baaitjie se moordtoneel gaan haal nadat Legothlo en Hasane weggejaag het.

Mphondomisa het Vrydag aangevoer hy ken Legothlo goed. Dié het hom in Julie 2016 gevra om ’n diamant namens hom te verkoop. Mphondomisa het die diamant aan ’n Nigeriër verkoop, maar Legothlo bedrieg deur die R5 000 te vat. Hy en Legothlo het op selfoon- en tiekieboks-gesprekke geargumenteer. Legothlo het gedreig dat hy iets sal doen wat Mphondomisa vir die res van sy lewe sal onthou en in sy hande sal laat huil.

Daarom, beweer Mphondomisa, het Legothlo hom as die skieter uitgewys. Mphondomisa voer aan hy was die aand van die moorde in ’n kroeg waar hy aan sy Heineken geteug het en het niemand geskiet nie.

Die verhoor voor regter Pule Tlaletsi duur voort.

Meer oor:  Johannes Baaitjie  |  Moordverhoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.