Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Baasbrein agter Krugersdorp-moorde se ouers 1ste keer in hof
Piet en Mara Brand gesels met die ondersoekbeampte, kapt. Ben Booysen, buite die hof. Foto: Simon Sonnekus

Dis nie lekker om haar kind so te sien nie, het die ma van die veroordeelde moordenaar Cecilia Steyn Dinsdag in die hooggeregshof in Johannesburg gesê.

Die 38-jarige Cecilia, Marcel Steyn (21) en Zak Valentine (34) is vandeesweek in die hof vir hul voorvonnisverrigtinge.

Die drie is in Junie vanjaar skuldig bevind aan onderskeidelik 32, 22 en 21 aanklagte wat 11 wrede moorde insluit.

Dis die eerste keer wat hulle hier is, sê Piet Brand, Cecilia se pa. Hulle wou nie kom nie want die publiek herken hulle en het hulle baie sleg by die laerhowe in Krugersdorp behandel.

“Wag, daar kom sy,” sê Mara Brand toe Cecilia ná teetyd weer by die hof instap.

“Meisiekind, ek het Maandag verjaar, toe besluit ek om my kind te kom sien,” vertel Piet. Sy oë blink toe hy Cecilia sien instap. Sy sien hom nie.

Mara besoek haar dogter gereeld in die tronk, maar Piet het sy dogter in 2016, met haar inhegtenisneming, laas gesien. Hy het vroeër aan Netwerk24 gesê sy is kwaad vir hom en wil hom nie sien nie. “Dis nou al lank, jong,” sê hy en glimlag van oor tot oor.

Piet en Mara bly glo in hul dogter se onskuld.

Die hof luister Dinsdag na Marcel se proefbeamptes. Rosalind Macnab is al sedert die oggend in die getuiebank.

Die hof het Maandag gehoor Cecilia was ’n “goeie vrou vir haar man, goeie ma vir haar kinders en ’n modelgevangene”.

Die hof het ook gehoor Zak kom uit ’n goeie, Christen-huis, maar was volgens sy ouers “beïnvloedbaar en goedgelowig”.

Volgens die staat is daar geen substantiewe en dwingende getuienis vir die afwyking van die voorgeskrewe minimum strawwe in Zak en Cecilia se sake aangetoon nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.