Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Klein Eden: 'Ontvoerder' het al voorheen oortree

Een van klein Eden Laird se vermeende ontvoerders word ook verbind met 'n ander misdaad in Germiston, het landdros Martin Kroukamp Dinsdag in die streekhof in Palm Ridge, Katlehong, naby Alberton gehoor. Dis onbekend wat dié saak behels.

Cleopatra Manjankhozi, die Laird's se huiswerker vir twee jaar, het in die hof verskyn weens die ontvoering van Eden Laird.

Twee vroue, Cleopatra Manjankhozi (die Laird-gesin se huiswerker van twee jaar) en Nonkanyiso Maduna, asook drie mans – Kholwone Nyathi, Admos Moyo en Nelisani Gabela – het Dinsdag vir die tweede maal op voorlopige aanklagte van ontvoering en afpersing verskyn, terwyl ’n nuwe datum vir hul borgtogaansoek vasgestel is.

Die vyf word daarvan beskuldig dat hulle die 13 maande oue Eden in Brackendowns, Alberton, ontvoer en toe sy ouers afgepers het om ’n losprys van R6 miljoen te betaal. Hy het vermis geraak nadat Manjankhozi met hom gaan stap het nie weer teruggekeer het nie.

Manjankhozi het haar gesig onder 'n grys kappietop probeer wegsteek, terwyl Maduna met 'n baba uit die selle gekom het en dié gestaan en wieg het.

Die staatsaanklaer het aan die landdros gesê sy wag steeds vir van die beskuldigdes se paspoorte. Vier uit die vyf, wat die huiswerker insluit, is Zimbabwiërs.

Moyo, die een beskuldigde, het ook nog nie regshulp bekom nie. Kroukamp het hom gemaan dat hy teen die volgende verskyning gereed moet wees, “want hy hou die ander op”.

Hulle bly in aanhouding en verskyn weer op 23 Mei.

’n Taakspan van die polisie het klein Eden etlike dae ná sy ontvoering in 'n vuil buitekamer in Windmill Park, 'n township buite Boksburg, opgespoor. Hy is dieselfde dag met sy ouers, Stuart en Bronwyn, herenig.

Meer oor:  Cleopatra Manjankhozi  |  Borgtog  |  Ontvoering  |  Eden Laird
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.