Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Baba-ontvoerder’ was nie eerlik met hof – aanklaer

Die staat beoog om in ’n latere stadium ’n klag van mensehandel by die aanklag van ontvoering teen Karabo Tau (18) en Ely Kibunda (22), die twee beskuldigdes in die ontvoeringsaak van baba Kwahlelwa Tiwane, te bring.

Tobinceba Matroos, staatsaanklaer, het Dinsdag met sy slotargumente in Tau se borgtogaansoek gesê dat nie sy of die twee getuies wat die verdediging geroep het om vir haar te getuig, eerlik met die hof was nie.

Volgens Matroos is die kanse baie skraal dat baba Kwahlelwa ooit lewend gevind sal word as Tau nie bereid is om eerlik te wees en te sê waar die baba is of vir wie sy die baba gegee het nie.

Tau word daarvan aangekla dat sy Asanda Tiwane se babaseuntjie op 16 Januarie in Parow ontvoer het.

Hier kon ons egter sien dat nie eens ek haar kon kry om toe te gee dat dit nie waar is nie. Al wat sy gesê het, is dat sy by die skool was.

Matroos het Dinsdag aangevoer dat haar twee getuies, haar isiXhosa-onderwyser, Thokozile Godana, en die skool se IT-bestuurder, Johan Thompson, nie eerlik in hul getuienis was nie.

“Dit is duidelik aan mev. Godana se houding dat sy bereid was om vir die hof te jok om vir Tau te beskerm.”

Hy het ook aangevoer dat Thompson gejok het toe hy aanvanklik getuig het dat die data, soos die datum en tyd op beelde van die skool se kringtelevisiekameras, nie gewysig kan word nie.

“Onder kruisondervraging het hy toe erken dit kan wel gedoen word. Nou hoekom moet ons hom glo?” het Matroos die hof gevra.

Hy het ook aangevoer dat Tau se hele houding ooreenstem met iemand wat haar nie sal laat dwing nie. Tau het verlede week getuig dat die polisie haar gedwing het om ’n verklaring af te lê en dat hulle haar voorgesê het wat om te skryf.

“Hier kon ons egter sien dat nie eens ek haar kon kry om toe te gee dat dit nie waar is nie. Al wat sy gesê het, is dat sy by die skool was.”

Volgens Matroos het die hof nie ’n ander keuse as om die twee getuies wat die staat geroep het, sers. Solonzi Nguda, die ondersoekbeampte, en baba Kwahlelwa se ma, Asanda Tiwane, te glo nie.

Nguda het getuig hulle het van selfoontegnologie gebruik gemaak om Tau op te spoor.

Tiwane het getuig dat Tau nie net een keer nie, maar vier keer by haar was. Sy het haar uitgeken omdat sy haar al verskeie kere gesien het en met haar gepraat het.

Matroos het betoog dat Tiwane arm en desperaat was. “Daar is nie kos vir haar kinders nie. Hier kom iemand en sê sy is ’n maatskaplike werker vir die staat en kan haar help om ’n identiteitsdokument te kry en kan help met kospakkies. Natuurlik sou sy vir die storie val. Sy was desperaat.”

Hy het gesê sou Tau op borgtog vrygelaat word, kan haar veiligheid nie gewaarborg word nie. Die staat kan ook nie die moontlikheid dat sy met getuienis kan inmeng of bewysstukke kan verbloem of vernietig, uit die oog verloor nie.

Hy het verder aangevoer dat die ontvoering van kinders soos ’n kanker in Suid-Afrika is. Elke vier uur verdwyn ’n kind in die land.

Die hof moet wys hy is ernstig daaroor om gemeenskappe te beskerm.

Buite die hof het twee groepe ondersteuners, een wat Tau ondersteun en ’n ander groep wat die ma ondersteun, met mekaar slaags geraak. Bierbottels het oor en weer gevlieg en mense het mekaar met sambokke geslaan.

Die saak gaan Woensdag voort.

Meer oor:  Kwahlelwa Tiwane  |  Karabo Tau  |  Parow
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.