Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Babadief’ kry borgtog

Sugte van verligting het in die hof opgeklink toe borgtog vir Karabo Tau (18) in die landdroshof in Bellville toegestaan is.

Tau se ma, wat in die openbare galery gesit het, het saggies begin huil toe landdros Charles Scott sê die staat kon hom nie daarvan oortuig dat dit in die belang van geregtigheid sou wees om borgtog vir Tau te weier nie.

Tau is reeds sedert 17 Januarie in aanhouding. Sy het in die landdroshof op aanklag van ontvoering verskyn. Die staat beweer sy het baba Kwahlelwa Tiwane op 16 Januarie in Parow uit sy ma se sorg gesteel.

Sulaiman Chotia, haar regsverteenwoordiger, het in sy slotargumente gesê hoewel die staat aanvoer dat hy ’n sterk saak het, kon die getuienis van die twee staatsgetuies, die ondersoekbeampte, sers. Solomzi Nguda, en baba Kwahlelwa se ma, Asanda Tiwane, nie die feit weerlê dat Tau op die dag van die ontvoering by die skool was nie. 

Hy het aangevoer dat Nguda getuig het dat hy nie ’n kollega geglo het wat by die skool gaan opvolg het waar Tau op 16 Januarie was nie. Sy kollega het aan hom gesê die skool sê dat Tau tot 15:10 daardie dag by die skool was. Ook het ’n isiXhosa-onderwyser gesê dat sy tot 15:00 in haar klas was.

Chotia het gesê die staatsaanklaer, Tobinceba Matroos, het hoewel hy die verdediging se getuies as leuenaars uitgekryt het, dit nie ontken dat Tau gesien kan word op die skool se kringtelevisiebeelde van 16 Januarie nie.

Die landdros het gesê hy het al die faktore, soos of dit in die openbare belang sou wees, Tau met staatsgetuies kan inmeng of haar verhoor sal probeer ontduik, sowel as die staat se aanspraak dat hy ’n sterk saak het, oorweeg, maar die staat kon hom nie daarvan oortuig dat borgtog nie toegestaan moet word nie.

Tau is op borgtog van R2 000 vrygelaat. Die saak is tot 7 April uitgestel.

Meer oor:  Karabo Tau  |  Baba  |  Ontvoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.