Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Siemens-sluipmoord: Bakili van voor af verhoor

Die bedrogverhoor van die vermeende baasbrein in die opspraakwekkende sluipmoord op Louis Siemens in Bloemfontein, moet van voor af gehou word.

Streeklanddros Leavit Mkansi het hom in die belang van geregtigheid aan die verhoor van Stanley Bakili (37) onttrek.

Stanley Bakili met ’n vorige verskyning in die landdroshof in Bloemfontein. Foto: Alzane Narrain

Bakili staan tereg op 24 aanklagte van bedrog met valse eiendomstransaksies waarby glo sowat R1,9 miljoen betrokke is.

Streeklanddros Rasheed Matthews het Maandag Bakili se verhoor na ’n ander streekhof oorgeplaas en gelas dat die bedrogverhoor van voor af voor ’n ander landdros moet begin.

Wanneer Bakili later die maand in die streekhof verskyn, sal ’n nuwe verhoordatum vasgestel word en ’n nuwe landdros vir die bedrogverhoor aangestel word.

Adv. Johan Swanepoel van die spesiale handelsmisdaadeenheid tree vir die staat op.

* Bakili word deur die staat as die baasbrein in die Siemens-huurmoord beskou.

Siemens was die besturende direkteur van die CityMed-daghospitaal in Bloemfontein. Hy is op 10 Mei 2018 in die kelderverdieping van die Prellerplein-winkelsentrum doodgeskiet.

Bakili en sy sewe medebeskuldigdes moet in April op die moordaanklag in die landdroshof verskyn.

Meer oor:  Stanley Bakili  |  Bloemfontein  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.