Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Bakleiery in Vrystaat-stadion draai in hof

Die eindstryd om die Curriebeker in die Vrystaat-stadion in Bloemfontein het ’n nadraai in die landdroshof gehad toe ’n pa en seun op ’n aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer in die hof verskyn het.

Dié onderonsie, wat kort voor die einde van die wedstryd uitgebreek het, het glo niks met die Cheetahs se oorwinning oor die Leeus te doen gehad nie.

Onenigheid oor ’n vrou het glo aanleiding tot dié geveg gegee.

Steve Henning (40) en sy seun, Steve (19), albei van Fauna in die stad, het Dinsdag vlugtig voor landdros Patrick Saliwa verskyn. Hul verhoor is tot Oktober uitgestel.

Hul beweerde slagoffer, Petrus Scott (28), en nog ’n man moet ook in Oktober in die hof verskyn omdat daar van die Hennings se kant af ook ’n aanrandingsklag ingedien is.

Die Hennings en Scott’e is familie van mekaar.

Na verneem word het Henning jr. kort voor die einde van die wedstryd koeldrank by ’n stalletjie in die stadion gaan koop toe hy vir Scott daar raakloop.

’n Rusie, wat op ’n slanery uitgeloop het, het glo ontstaan.

Henning jr. het sy pa geroep en nog houe het glo daarna geval.

Alles was glo binne vyf minute verby. Die Hennings het toe die spannende laaste vyf minute van die wedstryd gekyk en gesien hoe die Cheetahs wen.

Die Hennings word daarvan aangekla dat hulle Scott met die vuis geslaan en geskop het.

Na verneem word is sy een been gebreek.

Luidens die hofdokumente het die pa en seun hulself verlede week by die polisie aangemeld en is op borgtog vrygelaat.

Adriaan Janse van Rensburg van Phatshoane Henney-prokureurs het vir die Hennings opgetree.

Meer oor:  Curriebeker  |  Bloemfontein  |  Bakleiery  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.