Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Balju slaan toe op prokureur van Bloemfontein se bates

’n Lasbrief vir die beslaglegging op ’n prokureur van Bloemfontein se bates van meer as R2,2 miljoen is in die hooggeregshof in Bloemfontein uitgereik.

Elmarie Vosloo Foto: Elmarie Voslo/Facebook

Elmarie Vosloo-prokureurs van Universitas in die stad is reeds vroeër in die hof beveel om dié geld van die maatskappy Yochvud Estates van wyle Yochvud Silove te betaal.

Dit is geld wat oorgebly het nadat die maatskappy vier boerdery-eenhede in die distrik Lindley aan die J.A.L. Smith-trust vir R6 miljoen verkoop het, lui hofstukke in die hooggeregshof.

Vosloo het die oordrag namens Yochvud Estates gedoen en daarna meer as R2,5 miljoen aan Silove se twee dogters, Beverley en Natalie, A. Kavonic, ’n trust, die Ontvanger en ouditeure oorbetaal.

Die oorblywende R3,4 miljoen het Vosloo in haar trustrekening gehou.

Luidens die hofstukke sukkel Silove se twee dogters al sedert Julie 2017 om dié geld uit Vosloo te kry.

Hulle het haar ook by die prokureursorde verkla. Sy is aan onprofessionele gedrag skuldig bevind en haar praktyk se bankrekeninge is deur ’n hofbevel gevries, lui die stukke.

R2 279 386 van Yochvud Estates se geld is deur Elmarie Vosloo en haar firma misbruik, lui die hofstukke.

In Oktober verlede jaar het die prokureursorde bevestig dat net R1 199 643 in haar trustrekening oor is.

Dus is R2 279 386 van Yochvud Estates se geld deur Vosloo en haar firma misbruik, lui die hofstukke.

Ilze Strydom van Phatshoane Henney-prokureurs is Yochvud Estates se prokureur

* Intussen het die Zeal-trust van Johann en MarLin Dorfling van Reitz en Treasury Trust Service van Somerset-Wes ook vir Vosloo en haar prokureursfirma na die hooggeregshof gesleep oor R778 000 wat sy glo geleen en nie terugbetaal het nie.

’n Skikkingsooreenkoms dat sy die geld sal betaal, is verlede week ’n bevel van die hof gemaak. Ook in dié hofstukke word beweer dat sy geld in die trustrekening onregmatig gebruik het.

Pieter Peyper van Peyper Austen-prokureurs is die Dorflings se prokureur.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Prokureur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.