Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Beampte in hof weens beweerde omkopery

’n Immigrasiebeampte word van korrupsie aangekla nadat hy glo meer as R100 000 se omkoopgeld van ’n buitelandse sakeman geëis het.

Sam Jan Langa (52) het Maandag in die streekhof in Kempton Park verskyn op aanklagte van korrupsie, afpersing en regsverydeling.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, sê in ’n verklaring Langa het by die departement van binnelandse sake se nasionale kantoor gewerk.

“Langa het na bewering meer as R100 000 se omkoopgeld van ’n buitelandse sakeman geëis in ruil daarvoor dat hy glo sou verseker dat die sakeman en ander buitelanders nie terug na hul land van herkoms gedeporteer word nie,” sê Naidoo.

Naidoo sê die saak is verwys na die nasionale ondersoekspan wat met ou onopgeloste sake werk vir verdere ondersoek.

Langa is op 9 Januarie omstreeks 17:40 tydens ’n geheime operasie by die O.R. Tambo-lughawe se vertreksaal in hegtenis geneem toe hy glo die omkoopgeld verwag het.

Langa bly in aanhouding. Hy verskyn weer Woensdag in die hof.

Meer oor:  Omkopery  |  Korrupsie  |  Regsverydeling  |  Afpersing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.