Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Bedrieër vra nou regshulp nadat sy voor gereg vlug
Rhonda Zeelie was vir byna ’n jaar voortvlugtig. Foto: Lulama Zenzile

Rhonda Zeelie (36), wat byna ’n jaar lank voortvlugtig was, het Woensdag in die handelshof in Port Elizabeth gesê sy wil aansoek doen om regshulp.

Zeelie is in September verlede jaar in die handelshof skuldig bevind aan bedrog, maar het kort voor haar vonnisoplegging spoorloos verdwyn.

Met haar skuldigbevinding in September is haar borgtog van R2 000 verleng, hangende haar vonnisoplegging in Oktober.

Toe die dag aanbreek waarop Zeelie haar lot moes aanhoor, is die hof meegedeel sy is skoonveld.

Na wat verneem word, het sy vir byna ’n jaar in KwaZulu-Natal weggekruip voordat lede van die Valke se ondersoekspan haar verlede week opgespoor het.

Toe Zeelie Maandag in die hof verskyn, het sy gesê sy het ’n dag of twee nodig om haar eie prokureur aan te stel.

Sy het egter Woensdag van plan verander en gaan nou aansoek doen om regshulp.

Zeelie het as administrateur en verkoopklerk gewerk by Chris Bury Appliances, waar sy meer as R479 000 gesteel het.

Daar is bevind sy het tussen 2017 en 2018 geld wat vir die maatskappy bedoel was, na haar private bankrekenings oorgeplaas.

Zeelie moet weer op 8 Oktober in die hof verskyn.

Meer oor:  Port-Elizabeth  |  Voortvlugtige  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.