Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Bedrog in VS: Vonnis 6 weke uitgestel

Groot ontevredenheid het Maandag in die hooggeregshof in Bloemfontein geheers omdat die vonnisverrigtinge van 11 mense wat aan tenderbedrog van miljoene rande skuldig bevind is, nie kon voortgaan nie omdat hul maatskaplike verslae nie voltooi is nie.

Die 11 – onder andere ’n voormalige onderwyshoof van die Vrystaat en ’n bekende Bloemfonteinse prokureur – is in Februarie vanjaar skuldig bevind aan tenderbedrog met leermateriaal vir skole in die provinsie.

Die bedrog is tussen Desember 2001 en Maart 2004 gepleeg.

Tebogo Lioma (links) en Isaac Seoe sit in die beskuldigdebank van die hooggeregshof in Bloemfontein. Foto: Alzane Narrain

Ses maatskaplike werkers, onder wie twee bestuurders van die departement maatskaplike werk, het in die getuiebank voor regter Faan Hancke kleigetrap om te verduidelik hoekom die voorvonnisverslae ná drie maande steeds nie gereed is nie.

Hulle het ses weke uitstel gevra.

Hancke het in Februarie met skuldigbevinding reeds gelas dat die vonnisoplegging van Tebogo Lioma, voormalige onderwyshoof van die Vrystaat, Nelson Majola, ’n prokureur van Bloemfontein, Sekese Motaung, ’n senior amptenaar van die onderwysdepartement, James Majola, Nelson se broer, Malehana Lesetla, Nteboheng Lesetla, Tomo Teatsane, Meneer Teatsane, Isaac Seoe, Virginia Moseia en Maria Letsela vandeesweek afgehandel moet word.

Hulle is op altesame 70 aanklagte van tenderbedrog en geldwassery skuldig bevind. Nie almal is op dieselfde aanklagte skuldig bevind nie.

Die maatskaplike werkers het gesê daar is uitstaande inligting omdat die beskuldigdes nie almal hul volle samewerking wou gee nie. Verkeerde woonadresse en onvoldoende inligting is aan hulle verskaf of kontaknommers is weerhou.

Adv. Johan Swanepoel van die gespesialiseerde handelsmisdaadeenheid het aangekla.

Advv. Johann Nel SC, Tom Langenhoven, Hendrik Potgieter en Motsomi Litheko, ’n prokureur, tree vir die

beskuldigdes op.

Dr. Brand Claassen staan Hancke as assessor by.

* Hancke het Maandag ’n aansoek van verdediging om videokameras van die SAUK die verhoor te belet van die hand gewys.

Meer oor:  Vrystaat  |  Uitgestel  |  Bedrog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.