Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Bekende prokureur se vinger kry hom in sop

Richard Spoor, bekende menseregteprokureur, verskyn weer op 25 Oktober in die landdroshof in Mzamba, in die Oos-Kaap, op onder meer 'n aanklag van aanranding omdat hy sy vinger na genl.maj. Andries Swart gewys het.

Richard Spoor

Spoor, wat sy prokureurspraktyk in Mbombela het, was twee weke gelede betrokke in ’n hewige styery met Gwede Mantashe, minister van minerale bronne, en Swart, kommissaris van polisie vir die Oos-Kaap, berig timeslive.co.za. Spoor het die voorval Vrydag op sy Facebook-blad gedeel.

Dit is tydens dié argument dat Spoor se vinger hom in die moeilikheid gebring het.

Spoor verteenwoordig die Amadiba-krisiskomitee wat sterk gekant is teen die ontginning van sand naby die Amadiba se dorpie Xolobeni in die Oos-Kaap deur ’n Australiese maatskappy. Netwerk24 het op 24 September berig Spoor is hardhandig in 'n vangwa gegooi en weggeneem. Mantashe wou hom nie help teen die polisie nie. Dit het op 'n vergadering gebeur waar die gemoedere hoog geloop het. Spoor het die polisie gevra om nie wapens in die vergadertent in te neem nie.

Spoor het ’n afskrif van die klagstaat op sy Facebook-blad gedeel. Daarvolgens word hy beskuldig van aanranding omdat hy hom “op 23 September 2018 skuldig gemaak het aan aanranding op Andries Petrus Swart deur onwettig en met opset met sy vinger na hom te wys”.

Hy het ook twee aanklagte van aanhitsing tot openbare geweld teen hom. 

Spoor het nie Saterdagoggend sy selfoon geantwoord nie en nie op ’n boodskap gereageer nie.

Meer oor:  Richard Spoor  |  Mbombela  |  Aanranding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.