Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Bekende Vrystaatse wildteler vas oor renosterhorings

’n Bekende Vrystaatse uitvoerder en teler van skaars wild en ’n medebeskuldigde, wat albei vir die besit van renosterhorings van R7,6 miljoen in hegtenis was, is op borgtog vrygelaat.

Die teler Martin le Roux (41) en Jacques Malan (55) is op 20 September op Standerton in Mpumalanga in hegtenis geneem. Le Roux is van Winburg in die Vrystaat en Malan van Klerksdorp in Noordwes.

Martin le Roux van Winburg word aangekla vir die besit van renosterhorings.Foto: Facebook

Hulle het op 3 Oktober in die hof op Standerton verskyn.

Volgens inligting het die twee na bewering as agente vir die eienaar van die renosterhorings opgetree.

Die horings is by Kasselman Security Services in Standerton geberg. Le Roux en Malan wou glo die horings aan ’n “koper” verkoop toe hulle in hegtenis geneem is.

Martin le Roux en Jacques Malan wou na bewering hierdie renosterhorings verkoop.Foto: verskaf

Dit blyk dat die “koper” van Chinese afkoms deur die Valke as lokvink gebruik is.

Die mans is in hegtenis geneem in die plek waar Kasselman die horings geberg het. Dié maatskappy lewer veiligheidsdienste asook ’n diens van veilige bewaring aan kliënte.

Dit is nie bekend aan wie die horings behoort nie en of dit wettig geberg was nie.

Die Valke, die polisie in Benoni se honde-eenheid en amptenare van natuurbewaring het saam aan die optrede deelgeneem.

Die polisie het ook op ’n ongelisensieerde .38 Special-rewolwer beslag gelê.

Die mans is elk op borgtog van R30 000 vrygelaat en moet weer op 29 November in die hof verskyn. Hulle moes hul paspoorte inhandig.

Meer oor:  Mpumalanga  |  Standerton  |  Inhegtenisname  |  Renosterhorings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.