Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Belgiese sendeling glo deur ‘helper’, makkers vermoor

Een van die laaste dinge wat vader Jeff Hollanders gedoen het voordat hy vermoor is, was om ’n CV op te stel vir ’n jong gemeentelid.

Lucia Gaoshubelwe van die Rooms-Katolieke bisdom in die Klerksdorp-gebied met foto’s van die Belgiese sendeling Jeff Hollanders. Foto: Elizabeth Sejake

Dit was dié seun wat onraad vermoed het toe hy Maandagoggend die CV by die Belgiese sendeling se eenvoudige huisie langs die Katolieke kerkie in die Bodibe-nedersetting naby Lichtenburg gaan haal het.

Hy het bloed in die kombuis gesien en hulp gaan soek. Hollanders se lyk is op die rusbank in sy sitkamer gekry. Sy hande en voete was vasgebind en hy is met sy eie lyfband verwurg.

Eintlik moes die 81-jarige priester al lankal afgetree het, maar hy het geweier.

“Hy is terug na die Bodibe-nedersetting om daar te gaan werk. Ons het probeer om vir hom minder werk te gee, maar hy het steeds al sy energie gebruik om die gemeenskap te dien,” sê biskop Victor Phalana, wat die bisdom in dié streek in Noordwes behartig.

Dié gemeenskap is woedend nadat een van hulle in verband met die geliefde kerkman se dood in hegtenis geneem is.

Thaba Norman Maseko (23), wat Hollanders gereeld met los werkies by die Tsogong- Rooms-Katolieke kerk gehelp het, en twee van sy makkers word daarvan beskuldig dat hulle hom vermoor het vir ’n selfoon en twee skootrekenaars. Hulle het reeds in die hof verskyn.

Die polisie het Hollanders se selfoon by Maseko gekry.

Lucia Gaoshubelwe van die Klerksdorp-bisdom sê Maseko het aangebied om Hollanders te beskerm nadat daar ’n paar keer by sy huis ingebreek is.

“Hy het Hollanders beloof dat hy die inbrekers sou identifiseer en hom teen hulle sal beskerm. Hy het voorgegee hy is ’n helper, terwyl hy eintlik net kom spioeneer het,” sê Gaoshubelwe.

Sy sê die gemeentelede het Maseko nie vertrou nie, maar Hollanders het nie na hul waarskuwings geluister nie. Hy het hom oor Maseko ontferm. Die gemeentelede ken nie die ander twee verdagtes, Mongezi Molefe (28) en Mokete Tlapi (26), nie.

“Ons is almal baie kwaad oor wat gebeur het. Ons het ’n Bybelse vader, ’n priester, ’n steunpilaar en ’n groot figuur in die gemeenskap verloor. Hy was ’n liefdevolle man wat niemand skade sou aandoen nie. Hy het nie verdien om so te sterf nie” sê Gao­shubelwe.

Sy sê Hollanders was 26 jaar oud toe hy amper 55 jaar gelede in die land aangekom het. Hy het eers in Potchefstroom gewerk en hom toe in Lichtenburg gevestig.

Biskop Phalana sê Hollanders het sy lewensfilosofie uitgeleef dat die evangelie nie net vir die rykes is nie en dat die armes dieselfde pastorale sorg en dienste as die rykes verdien.

Meer oor:  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.