Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Bendeleier vertel hoe hy bewaarder moor, nog een verkrag

Die bekentenis van ’n bendeleier in die Goedemoed-tronk in die Rouxville-distrik in die Vrystaat oor die moord op ’n vroulike tronkbewaarder en die verkragting van ’n ander een lees byna soos die draaiboek van ’n rillerfliek.

Madala Jongikhaya Sam-Sam (37) is al sedert 2000 agter tralies.

Hy het op 29 Maart vanjaar eers vir Nomsa Joyce Stuurman en ’n ander bewaarder in die kantoorblok van die tronk gyselaar gehou voordat hy Stuurman met ’n hamer doodgeslaan en die ander bewaarder, ’n swanger vrou, met ’n skêr gedreig en verkrag het.

Sam-Sam, wat voor regter-president Cagney Musi in die Vrystaatse hooggeregshof skuld op moord, verkragting en ontvoering beken het, het ter versagting getuig wat hy gedoen het, is nie “goed” nie en maak hom ook nie gelukkig nie.

In sy pleitverduideliking sê Sam-Sam dat hy as skoonmaker in die kantore gewerk het. Voor huistoegaantyd was hy en die twee vroue alleen daar.

Hy het hulle in die kantoorblok toegesluit en tafels voor die deur geplaas.

Sam-Sam het Stuurman aan haar gordel gesleep en die ander vrou met ’n skêr gedreig. Sy het in ’n kantoor gaan skuil.

Hy het Stuurman toe met ’n hamer geslaan en gesê: “Ek het vir jou gesê ek gaan jou kry.”

Van die bewaarders anderkant die deur het hom probeer oorreed om op te hou. Hy het haar bebloede lyk in die gang gelos.

Sam-Sam het toe die ander vrou gaan haal.

Terwyl bewaarders van die anderkant van die deur gevra het hy moet haar vrylaat, het hy gesê wil net ’n paar minute hê om te bid, dan sal hy haar vrylaat.

Toe dreig hy haar egter met die skêr en verkrag haar. Daarna het hy homself oorgegee.

Ter strafversagting het Sam-Sam getuig die verkragting was nie deel van sy planne nie. Dit was net om die aandag af te lei van die man wat hom opdrag vir die moord gegee het. Hy sou R100 000 daarvoor kry.

Op die vraag of die hamer as deel van die beplanning vir hom daar gelos is, het hy gesê: “Ja, vir my gebruik.”

Gewoonlik word dit op ’n ander plek weggesluit.

As Sam-Sam die tyd kon terugdraai en sy dade ongedaan maak, sou hy. “Nou weet ek nie waar om te begin nie.”

’n Gebrek aan respek vir ander mense het hom dié slegte goed laat doen.

Op vrae van die hof oor die twee lewenslange vonnisse wat hy nou uitdien, het Sam-Sam sy dade van 1999 as “stoutigheid” beskryf.

Dit was ook die verkragting van twee vroue. Een was 16 jaar oud. Hy het haar met ’n mes gesteek. Hy het die ander een aangerand en beroof. Hy het probeer om haar te vermoor.

In die tronk is hy ook twee keer aan aanranding met die opset om ernstig te beseer skuldig bevind.

Een geval was waar hy ’n medelid van die 26-bende gesteek het omdat hy nie aan die bende gehoorsaam was nie. “Ek as leier moes optree. Ek is nommer een in die 26-bende. Ek is een van die leiers.”

Adv. Moipone Moroka kla aan. Venecia Abrahams van Regshulp SA tree vir Sam-Sam op. Die vonnisverrigtinge word Donderdag voortgesit.

Meer oor:  Vrystaat  |  Moord  |  Hof  |  Bewaarder  |  Verkagting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.