Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Bendelid lewenslank tronk toe vir moord op staatsgetuie (18)

’n 32-jarige bendelid van Port Elizabeth is Dinsdag tot lewenslange tronkstraf gevonnis weens die moord op ’n 18-jarige staatsgetuie.

Ruwaan Jordaan is op Nuwejaarsdag 2019 doodgeskiet in Helenvale in die stad se noordelike voorstede, waar bendegeweld hoogty vier. Hy het op die sypaadjie in Ou Stanfordweg gesit en kaart speel saam met ’n groep kinders toe ’n man hom van agter nader en verskeie kere in die rug skiet.

Jordaan is met sy aankoms by die Livingstone-hospitaal dood verklaar.

Later dieselfde aand het die polisie Luwaan Munnick van die New Kids-bende in verband met die moord aangekeer.

Luidens ’n verklaring van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) was Jordaan ’n staatsgetuie in ’n saak van poging tot moord waarby Claude Matthews, leier van die New Kids, betrek is.

Die hof het ook gehoor dat Munnick in ’n verhouding met Matthews se dogter was.

Munnick is Maandag in die hooggeregshof in Port Elizabeth skuldig bevind aan die moord op Jordaan. Adv. Liezel Landman, staatsaanklaer, het gedurende die vonnisverrigtinge daarop klem gelê dat die stad se noordelike voorstede deur bendes geteister word en dat die hof ’n ernstige boodskap moet uitstuur.

Munnick is Dinsdag tot lewenslange tronkstraf gevonnis weens moord. Hy is ook tot 15 jaar tronkstraf gevonnis weens die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en tot twee jaar weens die besit van ammunisie.

Die vonnisse sal samelopend uitgedien word.

Meer oor:  Port-Elizabeth  |  Moord  |  Bendelid  |  Lewenslank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.