Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Berugte Mamelodi-taxibaas verloor hofsaak teen polisie

Vusi “Khekhe” Mathibela (31), sakeman en taxibaas van Mamelodi buite Pretoria, se hofaansoek om sy inhegtenisneming tersyde te stel, het Woensdag misluk, sê die polisie in ’n verklaring.

Mathibela het die hooggeregshof in Pretoria dringend genader om die wettigheid van sy inhegtenisneming verlede maand te betwis.

Mathibela word saam met Elias Skhosana en Stemer Monageng aangekla van afpersing, intimidasie en aanranding nadat die drie na bewering die gemeenskap van Mamelodi geterroriseer het.

Hulle het na bewering taxibestuurders, spazawinkeleienaars en eienaars van ander plaaslike ondernemings geldelik afgepers.

Vusi “Khekhe” Mathibela saam met sy medebeskuldigdes, Stemer Monageng en Elias Skhosana, in die hof. Foto: Morapedi Mashashe, Daily Sun

Skhosana en Monageng is op borgtog van R25 000 elk vrygelaat, terwyl Mathibela sy inhegtenisneming uitdaag.

Brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, sê in die polisieverklaring die regter het Woensdagoggend die aansoek met koste van die hand gewys.

“Die beskuldigde bly in aanhouding en sy saak is tot 26 April uitgestel. Dit word aan hom oorgelaat om ’n formele borgtogaansoek in te dien.”

Die staat het ook ’n aansoek by die hooggeregshof ingedien om Mathibela se borgtog vir ’n moordsaak van 2015 te onttrek.

Mathibela is een van vier mans wat teregstaan weens die moord op Wandile Bozwana, ’n konstruksie- en eiendomsmagnaat wat saam met ’n sakevennoot in Oktober 2015 by die Garsfontein-afrit in Pretoria aangeval is.

Bozwana is dood aan sy beserings, terwyl Mpho Baloyi ernstig gewond is.

“Die Bozwana-verhoor word weer op 16 April aangehoor,” sê Naidoo.

Meer oor:  Mamelodi  |  Intimidasie  |  Wandile Bozwana
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.