Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Beskuldigde ‘dankbaar’ vir steun van ‘Boer soek ’n vrou’
Toanette Els

Toanette Els (23) van Modimolle (Nylstroom), deelnemer aan die 11de seisoen van die werklikheidsreeks Boer soek ’n vrou, geniet die steun van die vervaardigers van die reeks terwyl sy deur ’n klag van bedrog in die gesig gestaar word.

Sy het Vrydag ná haar jongste hofverskyning gesê sy is dankbaar vir die ondersteuning wat sy in dié tyd ontvang van die vervaardigers.

Wilmer Müller, woordvoerder van Boer soek ’n vrou, het vroeër aan Netwerk24 gesê hulle hou die hofsaak dop.

Els is nou van plan om vertoë aan die staat te rig oor hoekom sy nie van bedrog aangekla moet word nie.

Sy is een van die tien topdeelnemers aan die kykNet-reeks wat later vanjaar uitgesaai word.

Sy is in Julie in hegtenis geneem nadat Jana Smit, ’n inwoner van Modimolle, ’n klag van bedrog by die Modimolle-polisiekantoor aanhangig gemaak het.

Els wou Vrydag steeds nie met die media praat oor die saak nie.

“Ek wens ek kon vir julle iets sê, maar die saak moet eers afgehandel word,” het Els Vrydag buite die hof gesê.

Wilmer Müller, woordvoerder van Boer soek ’n vrou, het vroeër aan Netwerk24 gesê hulle hou die hofsaak dop.

Francois Kriel, Els se advokaat, het Vrydag in die hof bevestig dat die polisie se ondersoek afgehandel is. “Ons het kort voordat die hofsaak begin het, verneem dat die ondersoek afgehandel is. Die inhoud van die dossier is toe aan ons verskaf,’’ sê Kriel.

Hy het gevra vir uitstel sodat die vertoog saamgestel kan word.

Els is ’n wildboer van Modimolle en is betrokke by Rangers in Training. Sy het vroeër vanjaar op Facebook ’n veldwagterskursus geadverteer.

Smit het haar dogter, Christa, vir die kursus ingeskryf en in Junie ’n deposito van R10 000 betaal.

Die kursus sou op 1 Julie op ’n plaas buite Middelburg in Mpumalanga begin.

Daar is vroeër berig dat dié kursus glo etlike kere uitgestel is en dat Smit “genoeg gehad” het en toe die klag van bedrog teen Els ingedien het.

Els het die R10 000 eers op 23 Julie, drie dae nadat sy van bedrog aangekla is, aan Smit terugbetaal.

Haar saak is uitgestel tot Oktober.

Meer oor:  Toanette Els  |  Modimolle  |  Hof  |  Boer Soek 'N Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.