Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Afspraak-moorde: Man sit 25 j.
Le Roux Steyn (22) Foto: Felix Dlangamandla

Een van die beskuldigdes in die “afspraakmoorde-saak” is Woensdagoggend tot effektief 25 jaar tronkstraf gevonnis.

Le Roux Steyn (22) het in die hooggeregshof in Johannesburg skuld beken op onder meer aanklag van moord.

Hy het saam met Cecilia Steyn (36), Zak Valentine (32), Marinda Steyn (51) en sy suster (en Marinda se dogter), Marcel (19), verskyn op aanklagte wat verband hou met 11 moorde sedert 2012 tot 2016.

Ander  aanklagte teen hulle sluit in rampokkery, aanranding met die doel om ernstig te beseer, die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen, bedrog en identiteitsdiefstal.

Marinda Steyn sal na verwagting Donderdag pleit.

Le Roux is die tweede beskuldigde om skuldig te pleit. John Barnard (42), ’n sesde beskuldigde, is volgens Rapport op 14 Desember 2016 tot effektief 20 jaar tronkstraf gevonnis op voorwaarde dat hy teen sy medebeskuldigdes getuig. Hy het skuld beken op 13 aanklagte wat wissel van roof tot moord.

Die vermeende afspraakmoordenaars: Zak Valentine, Le Roux Steyn, Marinda Steyn, Cecilia Steyn en Marcel Steyn vroeër in die hof. Foto: Felix Dlangamandla

Die afspraakmoorde het glo met ’n vete tussen Cecilia en Ria Grunewald, stigter van die groep Overcomers through Christ begin. Cecilia het haar by die kultus aangesluit omdat sy wou hê hulle moes haar van satanisme verlos, lui die akte van beskuldiging.

Cecilia en Grunewald se verhouding het egter versuur. 

“Pleks daarvan dat (Cecilia) wraak op Grunewald neem, het sy besluit op verskeie onwettige en misdadige aanvalle op lede van Overcomers Through Christ en/of vriende na aan Grunewald,” lui die akte.

Die bloedspoor het nie by weerwraak opgehou nie. Nadat mense na aan Grunewald en Valentine se eie vrou vermoor is, het die afspraakmoorde begin.

Die beskuldigdes sou na bewering professionele afsprake met slagoffers maak, hulle met wapens aanhou en afpers om hul bankkaarte en PIN te gee, voordat hulle vermoor is. Die misdade het meestal in die Krugersdorp-omgewing aan die Wes-Rand plaasgevind.

Meer oor:  Afspraak-Moorde  |  Le Roux Steyn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.