Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Beskuldigde in Meghan Cremer-saak vra nie meer borgtog

Shiraaz Jaftha (34), een van die mans wat in verband met die verdwyning van die vermoorde Meghan Cremer (30) van Kaapstad aangekla word, het Woensdag in die landdroshof in Athlone sy borgtogaansoek laat vaar.

Al drie beskuldigdes in die saak het weer in die hof verskyn, maar net Jaftha sou ’n borgtogaansoek bring.

Jaftha en Charles Daniels (39) staan volgens die staat voorlopig op aanklagte van motordiefstal en regsverydeling tereg.

Jeremy Sias (27) staan tereg op vyf aanklagte: dié van moord, ontvoering, gewapende roof, regsverydeling en motordiefstal.

Die saak is tot 16 Oktober vir verdere ondersoek uitgestel.

Cremer, wat vermoedelik verwurg is, se lyk is op 8 Augustus in ’n vlak graf in Philippi gekry. Daar was ’n tou om haar nek.

Sy het op 3 Augustus vermis geraak nadat sy die Vaderlandsche Rietvlei-perdeplaas in Philippi, waar sy gewoon het, in haar wit Toyota Auris verlaat het.

Die drie mans is op 13 Augustus in hegtenis geneem nadat hulle glo in besit van Cremer se voertuig was. Een van hulle het die polisie later na die vlak graf geneem waar Cremer se lyk begrawe was.

Shiraaz Jaftha
Jeremy Sias
Charles Daniels

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.