Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Beskuldigde se baba gaan saam met haar aangehou word

Die baba van ’n jong ma van Bloemfontein wat by die huurmoorde op twee DA-lede en ’n burger van Lesotho betrek word, gaan nou saam met haar in die tronk aangehou word.

Dit kom nadat Seipati Ramatisa (21) haar formele aansoek om borgtog Dinsdag in die Bloemfonteinse landdroshof laat vaar het.

Sy staan saam met haar kêrel, Jabu Mochoto (25), Lebusa Makhote (36), Koebu Motsapi (49) en Chole Malepa (34) tereg op die moorde op 28 Julie vanjaar op twee DA-lede en ’n burger van Lesotho in die informele nedersetting Dinaweng by die stad.

Molokwane Mokgoro (39), DA-wyksvoorsitter in wyk 12, Godfrey Mbalula (38), ’n DA-lid, en Teboho Mohapeloa Lengosana (49), is na bewering tereggestel.

Dié tronk het geriewe wat kinders onder die ouderdom van twee jaar kan akkommodeer.

Ramatisa se medebeskuldigdes het vroeër reeds hul borgtogaansoeke laat vaar.

Landdros Ryan Ishmail het haar verhoor tot Woensdag uitgestel sodat reëlings in die Kimberley-gevangenis getref kan word dat haar tien maande oue baba saam met haar in aanhouding kan wees.

Dié tronk het geriewe wat kinders onder die ouderdom van twee jaar kan akkommodeer.

Johan de Vries verskyn vir die staat, en Phophi Madiehe van Regshulp SA tree vir Ramatisa op.

* Eddie Rasoeu, ’n DA-raadslid van die Mangaung-metro, het vroeër aan Netwerk24 gesê kort voor die moorde het ’n rusie tussen DA-ondersteuners en ANC-lede ontstaan.

Die DA-ondersteuners was ontevrede omdat die ANC glo mense van buite gekry het om aan die regering se padbou- en waterpypleidingprojekte te werk.

Die DA-aktiviste en ander inwoners was glo ontevrede omdat inwoners van Dinaweng nie die werkgeleenthede gekry het nie.

Meer oor:  Lesotho  |  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.