Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Bestuurder vra later borgtog ná 2 neefs in bus sterf

Die bestuurder van ’n bus waarin die twee neefs Sedimogang (19) en Omphile Moreri (14) verlede week naby Groot-Marico gesterf het, bly vir eers agter tralies.

Kapt. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder in Noordwes, sê Moseki Lucas Magwaba (47) bly in aanhouding totdat hy op 28 Mei in die landdroshof in Groot-Marico om borgtog aansoek sal doen.

Simon Moreri, oupa van die oorlede neefs, praat verlede week met afgevaardigdes van die Noordwes-regering wat die familie besoek het nadat die seuns in ’n busongeluk gesterf het.Foto: Elias Malindi

Hy word aangekla van strafbare manslag en roekelose en/of nalatige bestuur.

Sedimogang en Omphile is Saterdag in die Doornlaagte-nedersetting naby Groot-Marico waar hulle gewoon het, begrawe. Hul oupa, Simon Moreri, het kort ná die ongeluk gesê die familie is “baie seer” oor hul dood. Die neefs was albei leerlinge aan die Thutokemaatla Secondary School in Groot-Marico. Hulle en ander leerlinge van dié skool en die Phenyo Botlhe Primary School was verlede Dinsdag van Doringlaagte na Groot-Marico op pad toe hul skoolbus omstreeks 07:30 in ’n ongeluk was.

Die omstandighede van die ongeluk word nog ondersoek, maar die voorlopige weergawe van gebeure is dat Magwabe die bus met 49 leerlinge by die N4-kruising tussen Swartruggens en Zeerust gestop het.

“Magwabe het na bewering gestop om een van die passasiers te laat afklim,” sê Tselanyane.

“Hy het glo ook uit die bus geklim nadat hy en die passasier in ’n woordewisseling was. Terwyl Magwabe uit die bus geklim het, het die bus agtertoe gerol, omgeslaan en in ’n sloot beland. Van die leerlinge kon glo uit die bus spring terwyl dit agteruit gerol het.”

Omphile en Sedimogang was albei blykbaar in die bus vasgekeer en is op die toneel dood verklaar – 40 ander leerlinge het ernstige tot ligte beserings opgedoen, sê Tselanyane. Sewe kinders is ongedeerd.

Sello Lehari, LUR vir onderwys in Noordwes, het die Thutokemaatla Secondary School en ongelukstoneel verlede week besoek. Berading word ook aan leerlinge, hul ouers en onderwysers by die skool verskaf. Lehari het kort ná die ongeluk gesê sy departement is geskok en hartseer.

Dr. Mpho Motlhabana, LUR vir gemeenskapsveiligheid en vervoerbestuur in Noordwes, het operateurs in beheer van leerlingvervoer gevra om streng met hul bestuurders te praat om altyd seker te maak hulle sien om na leerlinge se veiligheid.

Meer oor:  Borgtog  |  Strafbare Manslag  |  Bestuurder
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.